Die oë van die wêreld se bloubessiebedryf is in September op Suid-Afrika gerig wanneer die Internasionale Bloubessievereniging (IBO) se jaarlikse beraad van 25 tot 27 September by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaasvind. Hierdie prestigegeleentheid word deur Berries ZA aangebied en bring kenners van regoor die wêreld byeen vir insiggewende gesprekke, netwerking en praktiese plaasbesoeke.

Die beraad beloof om ’n diepgaande blik te gee op die wêreldwye tendense, uitdagings en geleenthede in die bloubessiesektor. In Suid-Afrika, een van die vinnigste-groeiende uitvoerders van bloubessies, word die beraad gesien as ’n gulde geleentheid om plaaslike kennis en vermoë op die wêreldverhoog te wys.
Wat is op die program?
Die eerste dag skop af met ’n verwelkoming deur landbouminister John Steenhuisen, gevolg deur ’n oorsig van die wêreldwye bloubessiebedryf en die IBO se nuutste produksieverslag. Daarna volg ’n paneelgesprek oor globale produksie met deelname van kundiges uit Noord- en Suid-Amerika, Europa, Asië en Afrika.
Berries ZA se voorsitter, Herman van Dyk, gaan ’n oorsig gee van Suid-Afrika se bydrae tot die industrie. Later die dag volg ’n gesprek oor Siza (die volhoubare inisiatief van SA) en die klimaatkrisis, volhoubare verpakking en bestuur, met bydraes van rolspelers regoor die waardeketting.
Die tweede dag fokus op marktoegang en belegging. Rabobank lei ’n sessie oor beleggings en fondse, waarna daar bespreek word oor produksie in Suider-Afrika, logistiek en seevaart, genetika en masjientegnologie, en verbruikersneigings. Kenners van Fall Creek, Top Fruit, Driscoll’s, Planasa en ander internasionale maatskappye is deel van hierdie gesprekke.
Plaasbesoeke in die Wes-Kaap
Op die derde dag kry afgevaardigdes die kans om ’n plaas of pakhuis in die Wes-Kaap te besoek – ’n seldsame blik agter die skerms van die land se grootste bloubessieproduksiestreek. Hierdie praktiese komponent bied waardevolle konteks tot die teoretiese insette van die beraad.
Registrasie en koste
Die koste vir deelname wissel van R2 941 tot R5 882, afhangend van lidmaatskapstatus. ’n Opsionele plaas- of pakhuisbesoek kos ’n bykomende R294. Alle besonderhede, insluitend sprekers en dagprogramme, is beskikbaar op www.ibosummit2025.com.
’n Beraad wat werklik saak maak
Die IBO-beraad is nie net vir uitvoerders en bemarkers van belang nie, maar ook vir produsente, wetenskaplikes, beleggers en verwerkers. Met paneelbesprekings oor genetiese vordering, logistiek, volhoubare praktyke en markontwikkeling, is daar vir elke segment van die bedryf iets om van waarde huis toe te neem.

468983 432347Youve really written a quite great quality article here. Thank you really much 531502
127185 293990You made some decent points there. I looked online for that difficulty and located most people goes coupled with with all your internet site. 932476