Events, News
comments 4

Makataan spog as preserveerproduk van die jaar

’n Tradisionele gunsteling, makataanwaatlemoen, het opnuut gewys waarom dit ’n plek in die Suid-Afrikaanse kombuis verdien. Compagniesdrift se Makataan Chunks is Dinsdag 19 Augustus 2025 by Lanzerac in Stellenbosch as die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerproduk van die Jaar aangewys.

Oorhandiging: Ilse Ruthford van Compagniesdrift ontvang die toekenning vir Suid-Afrikaanse Preserveerproduk van die Jaar by Lanzerac op Stellenbosch. Van links is Breyton Milford (Hoofbestuurder van Agri-Expo en organiseerder van die SA Preserveerkampioenskappe), Charlene Nieuwoudt van ClemenGold, Ilse Ruthford (Besturende Direkteur van Compagniesdrift), Chris Fourie (President van Agri-Expo) en Andries Wiese van Hollard. Foto: Agri-Expo/A Gorman Photography.

Die wenproduk was een van 456 inskrywings van 66 vervaardigers in die nuutgestigte Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo, die oudste landbougenootskap in die land.

’n Beoordelaarspaneel van 38 kenners het die inskrywings deur middel van ’n streng blinde proeproses geëvalueer. Uiteindelik is 70 produkte van 29 vervaardigers as Suid-Afrikaanse Kampioene aangewys, met 11 kategorie-wenners wat bo uitgestyg het (volledige lys onderaan).

SA Preserveerproduk van die Jaar: Compagniesdrift se Makataan Chunks is as die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerproduk van die Jaar aangewys, uit 456 inskrywings van 66 vervaardigers in die 2025 Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo. Foto: Hennie van Loggerenberg/OCTA 5.

“Suid-Afrikaanse verbruikers kan werklik kies en keur wanneer dit kom by gehalte,” sê hoofbeoordelaar Susina Jooste, koskenner en opleidingspesialis. “Compagniesdrift se makataanstukke het uitgestaan met ’n wenkombinasie van voorkoms, smaak, tekstuur en gehalte. Om die Produk van die Jaar in ’n kompetisie van hierdie kaliber te wees, is ’n besondere prestasie.”

COMPAGNIESDRIFT SE TROTS

Ilse Ruthford, Besturende Direkteur van Compagniesdrift in Stellenbosch, sê dié nasionale toekenning is ’n groot mylpaal vir hul span: “Landbou is ons trots en vreugde. Ná ons in 2014 ‘n groentetuin aangeplant het, het ons ‘n reeks preserveerprodukte ontwikkel om verskillende gewasse – soos makataanwaatlemoen – met  verbruikers te deel. Vir my is dit veral spesiaal want ek het daarmee groot geword en sit hiermee my ouma se tradisie voort. Lena Conradie, wat die makataanstukkonfyt kook, sê altyd jy moet kook uit die hart uit en geduld hê want dis ‘n lang proses. Hierdie nuwe kampioenskappe bied vir vervaardigers ’n inspirerende maatstaf en ondersteun uitnemendheid in landbou. Ons is ongelooflik trots.”

NUWE PLATFORM VIR PRESERVEERPRODUKTE

Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo en organiseerder van die kampioenskappe, is die kompetisie geskep om preservering in die kollig te plaas, erkenning aan topgehalte produkte te gee en sodoende ekonomiese ontwikkeling te help bevorder.der. 

“Die groot aantal inskrywings wys duidelik daar is ’n behoefte in die bedryf vir só ’n platform,” sê Milford. “Die uitslae getuig van ’n innoverende sektor en gesonde mededinging – van gevestigde handelsmerke tot kleiner en opkomende vervaardigers. Baie geluk aan al die wenners.”

Kategoriewenners: ‘n Totaal van 11 produkte is op 19 Augustus by Lanzerac in Stellenbosch as kategoriewenners aangekondig in die 2025 Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe. Van links is Jacques Erasmus (Hemelhuijs), Helouise Erasmus en Anouska Laing (Miami Canners), Julia le Roux (Domein Doornkraal), Amore Matthee (Willow Creek Olive), Charlene Nieuwoudt (ClemenGold), Johan Mc Kinnon (Kloovenburg Olives), Ilse Ruthford (Compagniesdrift), Breyton Milford (Hoofbestuurder van Agri-Expo), Crystal Moos (Montagu Foods), JD van Deventer (Jumping Jackal Delicacies), Ronel Visser (Uit-die-Bottel), Andries Wiese (Hollard), Alet Erasmus (Creative Cuisine Pantry), Chris Fourie (President van Agri-Expo) en Anthea Govender (Pesto Princess). Foto: Agri-Expo/A Gorman Photography.

Milford bedank die goue vennote, ClemenGold en Hollard, vir hul ondersteuning: “Sonder ondersteuning uit die bedryf sou hierdie projek nie moontlik gewees het nie.”


Vir die volledige uitslae, besoek www.sapreservechamps.co.za of stuur ’n e-pos aan charlotte@agriexpo.co.za. Volg @AgriExpo1 op Facebook, X, Instagram en LinkedIn en gesels saam met #AgriExpo en #SAPreserveChamps. 

ELF KATEGORIEWENNERS AANGEKONDIG

Die volgende produkte is as beste in hul kategorie aangewys (alfabeties):

• Blatjang: Montagu Foods Shoprite Housebrand/Ritebrand Peach Fruit Chutney
• Groente in sous: Creative Cuisine Pantry Curried Baby Onions
• Ingelegde groente: Jumping Jackal Delicacies Pickled Jalapeño Whole
• Ingelegde vrugte: Kloovenburg Olives Black Olives in Blackberry Dressing
• Jellies: Domein Doornkraal Plum Jelly
• Konfyt: Uit-Die-Bottel Quince Jam
• Marmelade: Hemelhuijs Kumquat Conserve
• Pesto: Pesto Princess Sundried Tomato Pesto
• Relish: Miami Boerie Relish, Sweet Tomato
• Tapenade: Willow Creek Olive Tapenade with Black Olives, Anchovies & Capers
• Vrugte in stroop: Compagniesdrift Makataan Chunks (SA Preserveerproduk van die Jaar)

4 Comments

  1. 223030 936856I took a break to view your article. I discovered it quite relaxing 617087

  2. 954290 18962Somebody necessarily assist to make seriously articles I may possibly state. That will be the very initial time I frequented your web page and to this point? I surprised with the research you made to make this actual put up wonderful. Great task! 638155

  3. 30313 964759really good post, i undoubtedly adore this exceptional internet site, carry on it 473093

  4. 13924 470211Oh my goodness! a wonderful post dude. Thanks Nevertheless My business is experiencing concern with ur rss . Dont know why Not able to sign up for it. Possibly there is any person obtaining identical rss difficulty? Anyone who knows kindly respond. Thnkx 978050

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *