Makataan spog as preserveerproduk van die jaar
’n Tradisionele gunsteling, makataanwaatlemoen, het opnuut gewys waarom dit ’n plek in die Suid-Afrikaanse kombuis verdien. Compagniesdrift se Makataan Chunks is Dinsdag 19 Augustus 2025 by Lanzerac in Stellenbosch as die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerproduk van die Jaar aangewys.


