Agri Biz People, Events, farmers, News
Leave a comment

Ontmoet die jong boere wat landbou vorentoe vat

Hierdie jaar se kandidate is:

Albert Smit (31) van Clanwilliam – Rooibostee, sitrus en skaap

Albert Smit (31) van Clanwilliam – Rooibostee, sitrus en skaap – “My langtermyn visie vir my boerdery is die groei en uitbreiding aan die verbouing van sitrus en rooibos, werkers bemagtig deur verdere opleiding en ontwikkeling, die plaas beter te optimaliseer en volhoubaarheid te verseker deur verdere presisieboerdery te implementeer. Ek mik om selfvoorsienend in energie verbruik te wees – tans is ons op 50% ek wil graag 90% wees.”

Pieter Kruger Uys (40) van Robertson – Wyndruiwe, perskes en appelkose

Pieter Kruger Uys (40) van Robertson – Wyndruiwe, perskes en appelkose – “My langtermyn visie vir ons boerdery is om so lank moontlik te kan boer en so suksesvol moontlik te kan aanpas by die alledaagse uitdagings wat die landbou beleef. My prioriteite vir die nuwe seisoen is nuwe aanplantings, verhoudings met werknemers positief hou en goeie koördinering van alles wat algehele werk op die plaas beïnvloed.”

Richard Hutton-Squire (40) van Grabouw – Appels en pere

Richard Hutton-Squire (40) van Grabouw – Appels en pere – “Our long-term objectives, we aim to be a sustainable agri-business. To do this we need to continue to grow our hectares. In the medium term I would like to grow the planted hectares to 300 while also replanting the older orchards. I see an opportunity and value to build an employee focused brand. The production of apples and pears is very labour intensive and requires careful management of detail while also ensuring that activities are moving along at the required rate to complete the necessary tasks. For this we need to be committed, motivated and skilled team who know what is expected of them. I would like to position the company as an employer of choice. I see the value in economics of scale so in the long term I would like to see this brand growing further by adding another unit or 2 to the portfolio.”

Roux Conradie (27) van Tulbagh – Wyndruiwe, olywe en beeste

Roux Conradie (27) van Tulbagh – Wyndruiwe, olywe en beeste – “My langtermynvisie is om ‘n hoogs winsgewende, tegnologie-gedrewe en volhoubare boerdery te vestig wat op presisieboerdery en data-gedrewe besluitneming berus. Ek fokus op optimalisering van insetkoste en die maksimalisering van opbrengs per hektaar deur blokspesifieke bestuur. My fokus sal wees om bestaande stelsels verder te verfyn sodat besluitneming meer akkuraat en data-gedrewe is.”

Die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die jaar-kompetisie fokus op uitnemendheid in bestuursvernuf, tegniese vaardigheid en strategiese besluitneming. Dit bied ʼn platform waar jong boere erkenning ontvang vir hul vermoë om in ʼn dinamiese en uitdagende landbou-omgewing volhoubaar en innoverend te produseer.
Teen die agtergrond van AWK se jaartema, “Standvastig in ʼn veranderende wêreld”, weerspieël hierdie kandidate die eienskappe van moderne landbouleiers – aanpasbaar, vooruitdenkend en gefokus op langtermyn volhoubaarheid.

Die beoordelingsproses sluit onder meer plaasbesoeke en ʼn omvattende evaluering van elke kandidaat se bestuurspraktyke, finansiële insig, produksiebenadering en betrokkenheid by georganiseerde landbou en hul gemeenskappe in.

Die wenner van die provinsiale kompetisie sal op 10 Junie 2026 aangekondig word en sal as die Wes-Kaap se ambassadeur optree wanneer hy later vanjaar aan die nasionale Toyota SA / Agri SA Jongboer van die Jaar kompetisie deelneem.

Agri Wes-Kaap wens elke kandidaat sterkte toe met die volgende fase van die kompetisie en erken hul bydrae tot ʼn sterk en toekomsgerigte landbousektor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *