Agri SA neem kennis van die aankondiging wat deur die Departement van Arbeid en Indiensneming gemaak is oor ‘n verhoging van 4,4% in die nasionale minimumloon vir plaaswerkers met ingang van 1 Maart 2025. Die aanpassing verhoog die minimumloon van R27,58 tot R28,79, ’n besluit wat die komplekse ekonomiese landskap weerspieël wat die landbousektor tans in Suid-Afrika in die gesig staar. In reaksie op die aankondiging het Johann Kotze, hoof- uitvoerende beampte van AgriSA, gesê: “Ons erken dat die kommissie vir Nasionaleminimumlone daarna gestreef het om ’n gebalanseerde benadering in sy besluitnemingsproses te volg. Hierdie verhoging het ten doel om die lewensbestaan van plaaswerkers te beskerm en terselfdertyd die langtermynvolhoubaarheid en mededingendheid van ons landbousektor, wat ’n deurslaggewende rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie speel, in ag te neem. Met ongeveer 935 000 mense wat in die landbou werksaam is, is dit noodsaaklik dat ons billike lone en die lewensvatbaarheid van ons bedryf ondersteun, veral in landelike gebiede waar werkskepping noodsaaklik is.” Die tydsberekening van hierdie loonverhoging is beduidend aangesien die landbousektor tans met talle uitdagings …