Storieboere
“Julle moes die Upingtoners se gesigte gesien het toe ons met die orige 150 donkies deur die hoofstraat trek! Jy moes jou trap ken oor al die valstande in die pad soos wat hulle se bekke oopgehang het!”

Vroegoggend op die eerste dag van die Septemberskoolvakansie is my Suzuki TS 50 gepak. Getooi in my verweerde leerbaadjie (met ʼn pakkie Texan Plain in die sak) en amperse cowboystewels, vat ek die pad met Bad Company se lirieke in my hart
Alle mense se eerste reis geskied teen hul wil. Eers dryf jy sorgeloos in die gerieflikheidspoel van die baarmoeder. Terstond word jy deur magte buite jou beheer gat-oor-kop gedraai. Niemand bespreek die aangeleentheid vooraf met jou nie.
Die Jeep se enjinkap is oop en laat die voertuig lyk soos ʼn terdoodveroordeelde wat oopbek smeekbede na die laksman stuur.