writer: Hein Eksteen
Die Jeep se enjinkap is oop en laat die voertuig lyk soos ʼn terdoodveroordeelde wat oopbek smeekbede na die laksman stuur. Jakkie, die Jeep se mistroostige eienaar, sit op sy lendelam kampstoel en tuur oor die see. Nie eens die bedarende sonsondergang aan die Weskus se Koringkorrelbaai kan die versmorende kombers van somberheid oor hom wegvee nie. ʼn Bier in die een hand. Die Jeep se prop shaft in die ander.

Koringkorrelbaai. Ten spyte van die natuurskoon, voel jy die onheilspellendheid verbonde aan dié plek wanneer die gereelde reënmis deur jou gebeente trek. Dis immers einste hier waar Adolf se skuit vir Robey Leibbrandt as deel van Operasie Weissdorn kom aflaai het om die Smuts-regering omver te werp.
Desnieteenstaande. Alle regdenkende 4×4-entoesiaste en ywerige boskampeerders weet: staar rampspoed jou in die gesig, skink jy ʼn dop en maak jy vuur. Daar is genoeg spyse, soms te veel van dit wat eens water was (Is dit enigsins moontlik?), water in sy oervorm en die geloof dat iemand op Vredendal môre (is mos nóg ʼn dag) die probleem sal oplos. Die Jeep se voorwiele trek darem nog en een van ons kan die geteisterde deur die dik sand sleep.
Kreeflyfies word in die swartpot oor die vlamme pienk gemaak. Kabeljou wag om gedwee oor die kole neergelê te word.
Oënskynlik ontspan almal. Maar, soos met die ontvangs van doodstyding en gepaardgaande bevraagtekening van jou eie sterflikheid, wonder almal stilletjies oor wat gaan gebeur. Sê nou maar . . . Boonop ry ek en Giselle merendeels op ons eie. Tot dusver was ons gelukkig. Dít het net buite Maun in Botswana gebreek. Dát weer naby Nkhatabaai (in Malawi loop jy egter ʼn voorste bosmekêniek onder elke boom raak).
Bernie word genoop om die toestand genoeë te neem. “ʼn Klompie pelle skiet Mosambiek toe en daar breek die een Hilux se chassis. Ons moes die bakkie met die winch reguit trek en die chassis tydelik met ʼn boomtak, cable ties en straps spalk.”
Mark vertel op sy beurt van die keer toe sy Cruiser by die afgesonderde Matopi 1 (tussen Nossob en Mabuasehube in die Kgalagadi-oorgrenspark) besluit het om saam met Leonard Cohen te sing: “It’s over. It ain’t going any further!” En dit terwyl ʼn trop leeus in die voertuig se skaduwee ontspan het. Hoe hulle in Nossob ʼn insleepdiens uit Upington moes bestel en R10K elektronies moes oorplaas alvorens die berge (of liewer sandduine) gehoor gegee het en hulp gestuur het. Die voertuig se geite is herstel, maar die verhouding met sy beminde se as was af. Mark tuur ook met misnoeë oor die donker see en mymer: “Alles tussen my en haar (dis nou die geliefde) het klopdisselboom geloop, tot daai bliksemse dag!” Die Cruiser is egter nog oukei.
Giselle word stil.
Selwers word ek meegesleep en bepeins ek die keer toe ons die duiwelsverskriklike pad tussen Arusha en Dodoma (in Tanzanië) aangedurf het – dit was voor die Sjinese die pad in ruil vir ʼn noemenswaardige aandeel in die land se natuurlike hulpbronne geteer het. Drie dae om die 400 kilometer te ry. Verrinnewerende sinkplaatpad. Stukke van die Hardbody (my eks) wat afval. Pap wiele. Die yskas is deur die Jordaan. Verrotte kos. Warm bier. Boskampe met oë wat uit die donker na jou loer. Die moontlikheid van ongediertes (vier- en tweebenig) wat jou moontlik lê en inwag – dit is natuurlik nie die geval nie, maar aftakeling, spanning en onsekerheid smokkel mos lekker met jou kop. Veral in die donker.
Giselle gaan slaap sonder ʼn verdere woord.
Die Weskusgroep beur uiteindelik deur die doodsvallei en ek en Giselle neem later ons intrek by die Letatsi Lodge, die luukse gerestoureerde ou sendingstasie net buite Vanrhynsdorp. Gesoute man- en vrouhaftige boskampeerders het dan en wan ook nodig om in weelderigheid te gedy. Giselle teug fyntjies aan haar wyn. Die gewoonlik sagte oë skielik ongenaakbaar op my gerig.
“Die mens is ʼn vreemde skepsel,” besin sy.
Ek word geknie en sal later eers in die oond van veroordeling gedruk word. Daarom bly ek stil.
“Almal praat altyd oor die dinge wat skeefgeloop het. Niemand vertel van die mooi paaie wat hulle gery het nie. Eerder die slegste paaie soos die een na Santa Maria toe,” verwys sy na ʼn uitdagende sandpad in Mosambiek. “Hoekom doen ons dit? Omdat ons avontuurlustig is? Óf omdat ons bloot masochisties is en van aftjop hou?”
Hein Eksteen is ’n storietrekboer wat saam met Ben Rumson (Lee Marvin in Paint Your Wagon) glo: ‘I’ve never seen a sight that didn’t look better looking back.’ Die Wes-Kaap is sy herkoms. Suider-Afrika sy herwaarts en derwaarts.


589467 29862The next time I learn a weblog, I hope that it doesnt disappoint me as considerably as this 1. I mean, I do know it was my choice to read, even so I in fact thought youd have something attention-grabbing to say. All I hear is actually a bunch of whining about something which you could fix for those who werent too busy in search of attention. 316999
298579 5712Right after study numerous the websites on your personal internet site now, i truly like your means of blogging. I bookmarked it to my bookmark web site list and will also be checking back soon. Pls consider my web-site likewise and tell me what you consider. 688745
111668 769254You must join in a tournament first with the greatest blogs on the internet. I will recommend this internet website! 234834
329388 619822very good publish, i definitely really like this web web site, keep on it 663553
704795 155239Its onerous to search out knowledgeable individuals on this topic, even so you sound like you already know what you are talking about! Thanks 811207
742813 368131Sweet internet internet site , super style , genuinely clean and utilize genial . 989416
274297 813750I discovered your internet site internet site on google and check a couple of your early posts. Preserve inside the top notch operate. I just extra up your Feed to my MSN News Reader. Searching for toward reading far a lot more of your stuff afterwards! 506512