writer: Hein Eksteen
Ironie bly ʼn werfetter van die voorste water. Sekerlik die oorweldigendste voorbeeld van hierdie euwel is om teen ʼn tóé glasdeur vas te loop. Op die oog af is jou weg oop, maar onverwyld sit jy plat op jou gat. Jou kop is dronk en jou maag draai. Nié omdat jy noodwendig seergekry het nie, eerder oor die ontnugtering opgesluit in die onvoorsiene.

Gedurende die laat-1970’s was ek ʼn broos en rebelse tiener, ingeperk deur die Afrikaner-Calvinistiese-bestel waarin ek in Kaapstad se noordelike voorstede aan’t versuipe was. Die toonaagewende bumper sticker wat die zeitgeist die raakste vasgevat het, was hoeka: Drowning becomes a lot easier once you stop fighting back.
Maar ek het terugbaklei. Ghandi se leerstelling van passiewe weerstand slaafs nagevolg totdat die onnies my geestesoortuigings net te veel met die rottang verrineweer het. Terwyl Biko sy volgelinge oor black consciousness geskool het, het ek en vriend Bobby tydens pouses bespiegel oor Afrikaner-über-bewustheid en die gevolge daarvan.
Kort daarna word ek na ʼn baie liberale skool toe gepos. Een waar die sondes van die kinders van invloedryke burokrate en politici nie op hul vaders toegereken word nie. Boonop koshuis toe.
Terstond, as ʼn rebel sonder beweegrede, versuip ek in verligtheid. Toegerus vir oorlog, maar niks en niemand om teen te veg nie. En hierdie slykbestaan karring aan totdat ek en my kamermaat, Godfrey, een afnaweek die fliek Easy Rider sluikkyk, ek my innerlike Dennis Hopper ontdek (Peter Fonda was net te oopgesig en sonder duiwels wat in sy binneste rieldans) en tot ʼn plotselinge wete kom.
Vroegoggend op die eerste dag van die Septemberskoolvakansie is my Suzuki TS 50 gepak. Getooi in my verweerde leerbaadjie (met ʼn pakkie Texan Plain in die sak) en amperse cowboystewels, vat ek die pad met Bad Company se lirieke in my hart: Company always on the run, destiny is the rising sun… that’s why they call me bad company.
Goodwood, Kraaifontein, Paarl, Wellington, Porterville. Omtrent elke 20 kilometer moet daar stilgehou word om die lugverkoelde enjin te laat asemskep. En, natuurlik, om aan my selfbeeld lyf te gee met ʼn Texan in die bek en die blik in die oë, so cool jy kon diamante daarmee sny.
Op Porterville aangekom, laat weet Godfrey, “Hier’s twee chicks buite op ʼn plaas. Hulle’t gesê ons moet vanaand inval. En soos ek gehoor het, gaan hulle ons met ope arms ontvang!” My testosteroon-oorlaaide tienerbrein beaam dat die subteks verbonde aan Godfrey se woorde vir ons beweegruimte gaan bied.
En met reg. Ons is nié twee doodgoeie-goeddooie plaasjapies wat eenkant by die vuur staan en bespiegel oor die binnewerke van Ford-trekkers nie. Ons is minnaars, manne, bad company, en elke regdenkende meisie koester tog heimlik die bad boy. Boonop, alhoewel dié anatomiese onderdeel van die vrou met die Boesmanland vergelyk word (almal het al daarvan gehoor, maar niemand weet presies waar dit is nie), is ons terdeë (ofskoon, bloot op sterkte van hoorsê) bewus van die bestaan van die g kol. Waar ons ervaring miskien tekortskiet, is ons teoreties benydenswaardig bedeeld. Én, is dit nie waar dat plaasmeisies alles by die skaap en die bok leer nie? Én dat hulle nie gebukkend gaan onder daardie Calvinistiese skuldlas wat hulle dwing om jou ywerige hande aanmekaar weg te klap nie?
Ek en Godfrey kom met die Suzuki op die plaas aan. Bad Company sing: Feel like making love! Die pa wag ons in. Baie vriendelik. Straks té vriendelik, het ons te laat besef. Hy maak praatjies oor motorfietse, mannedinge. Ons ontspan. As die oom só verwelkomend is, kan daar mos nie ander hindernisse wees nie, of hoe?
Sê die oom, “Julle twee manne lyk asof julle ʼn ietsie kan vat.”
Hoe dan anders?
In die skuur maak die gulhartige oom twee bierbekers vol Vaaljapie. Ons vat. Nog twee. En ons vat weer…
Uiteindelik het die oom ons darem op die motorfiets sitgemaak en beduie in watter rigting ons moet ry.
Ons het nooit eens die meisies onder die oog gekry nie. Wat nog te sê…
Want kyk, die oom het ons van vêr af gesien aankom. En hy het mos ook by die skaap en die bok geleer.
Hein Eksteen is ’n storietrekboer wat saam met Ben Rumson (Lee Marvin in Paint Your Wagon) glo: ‘I’ve never seen a sight that didn’t look better looking back.’ Die Wes-Kaap is sy herkoms. Suider-Afrika sy herwaarts en derwaarts.


542381 354952You got a quite great site, Gladiola I discovered it by means of yahoo. 153309
796929 382379I gotta favorite this internet internet site it seems very beneficial . 808729
309568 763298Thrilled you desire sensible business online guidelines maintain wearing starting tools suitable for the specific web-based business. cash 316615
222092 955889Right after examine a couple of of the weblog posts on your website now, and I truly like your way of blogging. I bookmarked it to my bookmark internet site list and shall be checking once more soon. Pls try my website online as properly and let me know what you feel. 175225
937835 453761Soon after study some with the weblog articles for your website now, and that i really like your method of blogging. I bookmarked it to my bookmark web site list and are checking back soon. Pls consider my internet internet site too and inform me what you consider. 39244
382080 46620I ran into this page accidentally, surprisingly, this is a great site. The web site owner has done a great job writing/collecting articles to post, the info here is really insightful. You just secured yourself a guarenteed reader. 896204
852851 22762I always visit your blog and retrieve everything you post here but I never commented but today when I saw this post, I couldnt stop myself from commenting here. Amazing write-up mate! 415245
889882 832689Currently genuinely do not stop eating because there is however the decision which you will transform into. Work from your home us rrs often a fad for that who wants to earn dollars yet still enough time requires most substantial occasions using children and kids goes for as the modern habit. attract abundance 641456