News
Leave a comment

Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar kompetisie aankondiging

Dean Barnard (40) is gisteraand in die Paarl as die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024 gekroon. Dean boer al 19 jaar saam sy pa op Waboomskraal – George waar hy nou al die laaste 8 jaar by sy pa oorgeneem het. Hul boer met hops, pruime, amandels en pekanneute.

Dean & Karla Barnard – Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar 2024 (Natalie Gabriels Photography)

In 2002 matrikuleer hy aan die Hoërskool Landbouskool Oakdale waar hy na skool Bemarking Bestuur aan die Nelson Mandela Universiteit (Saasveld) vir 2 jaar studeer, tot sy pa hom een oggend bel en sê dis tyd hy terug kom plaas toe.

Oppie Plaas boerdery is een van 7 hops boere in Afrika en die voetspoor vir Castle en Castle lite is slegs hops wat in Suid-Afrika geproduseer word. Die boerdery is ook die laaste 15 jaar onder die top 3 hops produsente. Die 2023 Autum Treat pruim oes het vir hul net onder die 100 ton per ha gelewer. Dean glo ook dat sy 486g pruim die Guinness World of Records gaan haal aangesien die rekord tans 354.37g is.

Sedert Dean die leisels oorgeneem het is die vernaamste veranderinge wat hy in die boerdery gedurende die afgelope vyf jaar teweeggebring het nuwe besproeiings tegnologie vir effektiewer water besparing wat sodoende meer ekonomies is, nuwe pruim-en amandelboorde aangeplant en ‘n nuwe hops uitbreiding op huur grond aangeplant.

“Elke jaar is ‘n nuwe uitdaging en ek geniet ‘n uitdaging baie. Met die hoeveelheid grond tot my beskikking is dit ‘n intensiewe boerdery wat elke besluit laat geld. ”

Dean se langtermyn visie vir hul boerdery is om die pruime uit te brei na tussen 15 en 20 ha en graag hul eie pakstoor opsit om hul vrugte oeste te pak sowel as dit beskikbaar te stel vir boere in gemeenskap om ui te huur.


Inus Oosthuizen, sameroeper van die beoordelaarspaneel, sê die paneel wil graag elkeen van die kandidate bedank dat hul hul self, hul gesin en plaas vir ons blootgestel het.

“Elke kandidaat het nie net ‘n mooi storie nie, maar is sowaar ‘n uitstekende voorbeeld vir boere in ons land. Elke kandidaat het gewys dat maak nie saak of jy as ‘n “klein” boer beskou word nie, jy kan dit maak!”

Die beoordelaars is ook van mening dat Dean ʼn waardige ambassadeur vir jong boere van die Wes-Kaap sal wees tydens die Toyota SA / Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie.

Leave a Reply

Your email address will not be published.