All posts tagged: Grond tot Mond

Woodlands Dairy koop Ladismith Cheese: Wat beteken dit vir suiwelboere?

Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf staan op die voor-aand van ’n groot strukturele skuif. Woodlands Dairy Group het aangekondig dat hulle die Ladismith Cheese Company en sy filiale gaan verkry, ’n trans-aksie wat die groep se geografiese voetspoor én sy vermoë om roumelk te verwerk, verbreed. Volgens die amptelike aankondiging sluit die oorname ook Ladismith Powder Company en Mooivallei Suiwel in, wat die groep se produkmandjie aansienlik uitbrei.

Soet herstel vir Suid Afrikaanse rosyne

Na ’n paar moeilike seisoene begin die Suid Afrikaanse rosynbedryf duidelike herstel toon. Die 2024/25 oes behoort sowat 100 000 ton te bereik, ’n belangrike hupstoot vir een van die land se sterkste maar stil uitvoerbedrywe. Die wêreldvraag na gesonde, natuurlike peuselhappies groei steeds en plaaslike rosyne bly gewild vir hul gehalte, grootte en kenmerkende smaak.

Tammy Claasen bou voort op nalatenskap, maar bring haar eie flair

Tammy Claasen (38), wat nou die rooiwynspan by die bekende Durbanville Hills lei, was een van die heel eerste begunstigdes van die Cape Winemakers’ Guild Protégé-program. Die inisiatief, wat byna twee dekades gelede begin het, identifiseer jong wynmaakstudente met besondere talent en plaas hulle onder mentorskap van erkende wynmeesters om hul potensiaal te ontsluit.

Diemersdal bekroon as Wynkelder van die Jaar

Diemersdal se nuutste erkenning as Wynkelder van die Jaar in die Platter’s South African Wine Guide 2026 is ’n besondere mylpaal vir ’n landgoed wat al meer as 300 jaar lank op dieselfde stuk grond boer en wyn maak. Die plaas, wat in 1698 as ’n landtoekenning deur Simon van der Stel ontstaan het, dra vandag nog die stil getuienis van eeue se geskiedenis: die statige Kaaps-Hollandse herehuis, die ou kloktoring en die historiese lanings wat reeds sedert die 18de eeu bewerk word.

Die pekanneutprodusent van môre: insigte, gesprekke en nuwe idees in Hartswater

Hartswater – Op Vrydag 7 November het die Suid-Afrikaanse Pekanneutprodusentevereniging (SAPPA) weer produsente, adviseurs en bedryfsvennote bymekaar gebring vir hul jaarlikse Inligtingsdag by The Venue. Meer as 225 mense het opgedaag vir ’n dag wat praktiese raad, nuwe navorsing en eerlike gesprekke oor die toekoms van die bedryf saamgebring het.

Afrika neem belangrike stap vir volhoubare gebruik van sy grond

Afrika het ’n geskiedkundige stap vorentoe vir volhoubare ontwikkeling, voedselsekerheid en omgewingsbeskerming geneem toe die Pan Afrika parlement op 6 November 2025 die vasteland se eerste modelwet oor volhoubare grondbestuur met ’n oorweldigende meerderheid aanvaar het. Die Modelwet oor volhoubare grondbestuur in Afrika bied aan lande ’n raamwerk om hulle grond te beskerm en veerkragtigheid teen klimaatsverandering te versterk. Dit is ’n groot mylpaal, veral omdat Afrika oor sowat 65 persent van die wêreld se oorblywende onbewerkte bewerkbare grond beskik.