All posts tagged: hoop

Een boervrou, vyf pienk silo’s

Vyf van NWK se graansilo’s het in Oktober pienk geskyn ter ondersteuning van Borskankerbewustheidsmaand. Die inisiatief het begin by ’n boervrou van Koster wat self die stryd teen borskanker moes voer. Suzanne Swanepoel van Koster is sowat twee jaar gelede, op 38-jarige ouderdom, met bilaterale borskanker gediagnoseer. Sy het NWK se plaaslike handelswinkel genader met die versoek om die dorp se graansilo pienk te verlig as ’n simbool van hoop en ondersteuning vir mense wat deur kanker geraak word. NWK het nie alleen ingestem nie, maar ook aangebied om die koste van die projek te dra. Die inisiatief is daarna uitgebrei na vyf silo’s, naamlik dié op Koster, Bodenstein, Gerdau, Blaauwbank en Delareyville. Om die silo’s pienk te laat skyn, het ’n span silobestuurders, elektriese ingenieurs en werkers die ligte se omhulsels met pienk plexiglas vervang. Die ligte is vervolgens ná donker verstel om die silo’s so doeltreffend moontlik te verlig. Jaco Du Rand, uitvoerende bestuurder van kommoditeite by NWK, beskryf die inisiatief as ’n simboliese gebaar van hoop, moed en solidariteit met kankerpasiënte, oorwinnaars …