Lewende kompos: Die biologiese alternatief vir kunsmis
Diversifikasie is vir Dolfie Walters van die plaas Rustfontein buite Malmesbury die sleutel tot volhoubare boerdery. Wat begin het as ’n tradisionele graanonderneming, het oor die jare uitgebrei na ’n gevestigde komposaanleg, terwyl die familie ook met beeste, wingerd en ander ondernemings saamwerk.

