SA se ekonomiese prestasie in 2020: Landbou ’n baken van hoop
Stats SA het pas die BBP-syfers vir die finale kwartaal van 2020 vrygestel. Die één helder lig is die landbousektor, wat ’n groeikoers van 5,9% in die vierde kwartaal getoon het danksy ’n toename in die produksie van diereprodukte. Dié sektor se prestasie vir die jaar was, soos verwag, uiters belowend en het te staan gekom op 13,1% in 2020.