Ses jong landbouleiers ding mee om TLU SA se Jongboer van die Jaar 2025
TLU SA is trots om die ses finaliste van die Jongboer van die Jaar 2025-kompetisie aan te kondig. Die kompetisie, wat vanjaar vir die 24ste agtereenvolgende jaar aangebied word, vier jong landbouleiers wat met passie, vernuf en vasberadenheid boer, ongeag die grootte of aard van hul onderneming.



