Suid-Afrikaanse steenvrugprodusente fokus op Chinese mark
Die Suid-Afrikaanse steenvrugbedryf staan moontlik voor een van sy grootste deurbrake in jare: toegang tot die uiters winsgewende Chinese varsvrugtemark. Tans is daar formele onderhandelinge aan die gang tussen die Suid-Afrikaanse en Chinese owerhede, en produsente toon groot optimisme dat hulle binne afsienbare tyd perskes, nektariens en pruime direk na China sal kan uitvoer.


