Hier by Star South is ons passievol oor die skep van sinergie. Om goeie mense met goeie pryse en goeie, heilsame produkte te verbind.
Ons naam is geïnspireer deur die Suiderkruis; daardie stel vaste koördinate wat gebruik word om deur alle seisoene en omstandighede rigting aan te dui. Ons industrie, met al sy veranderlikes, kan so onvoorspelbaar wees. Juis daarom is ons trots om onsself te posisioneer as ’n rotsvaste vennoot wat nie wrik of wankel nie.
Klik op die video hieronder om meer te leer oor ons druiwestorie:
Ons hoofkantoor is op Wellington, Suid Afrika, vanwaar ons spesifieke teikenmarkte met produk uit ons onderskeie uitgebreide en geografies verspreide produksie-areas bedien:
1. SUID-AFRIKAANSE PRODUSENTE WORD VERBIND MET PLAASLIKE MARKTE:
Ons gee Suid-Afrikaanse produsente toegang tot klein- en groothandelaars regoor Suid-Afrika asook nabye buurlande.
2. SUID-AFRIKAANSE PRODUSENTE VERKRY TOEGANG TOT INTERNASIONALE MARKTE:
Ons goeie Suid-Afrikaanse grond en klimaat lewer ’n wye verskeidenheid gesogte, vars vrugte wat ons beskikbaar stel aan oorsese kliënte. Ons verbind plaaslike produsente met die beste klein- en groothandelaars op die internasionale markte.

3. SUID-AFRIKAANSE KLIËNTE WORD BEDIEN VANAF INTERNASIONALE BRONNE:
Daar is plaaslik ’n vraag na varsprodukte regdeur die jaar so ons doen invoere om kontinuïteit aan ons Suid-Afrikaanse kliënte te waarborg.
4. INTERNASIONALE KRUISHANDEL:
Heelwat van ons besendings word internasionaal bekom en versprei sonder dat dit via Suid-Afrikaanse hawe beweeg en dit stel ons in staat om ons internasionale kliënte se behoeftes heeljaar te bevredig wanneer spesifieke produkte wat hulle gewoonlik vanaf ons in Suid-Afrika ontvang seisoenaal slegs in ander wêrelddele bekombaar is.
Sedert ons begin het in 2003, het ons dienste uitgebrei om die kleinhandel, groothandel, informele sektor en prosesseringsmarkte in te sluit. Ons hanteer elke besending as ’n individuele projek, met unieke spesifikasies, verpakking, gehalte- en hoeveelheidsvoorskrifte.

Nie net is ons Suid-Afrika se grootste invoerder van tafeldruiwe, steenvrugte en kiwis nie, maar ons portefeulje het ook uitgebrei om sitrus en heelparty ander produkte in te sluit. In terme van uitvoere, fokus ons op druiwe, sitrus, granate, appels, pere, vye en dadels, om maar net ’n paar te noem. Natuurlik vorm al hierdie produkte en nog meer deel van ons aanbieding op die plaaslike mark gedurende die Suid-Afrikaanse produksieseisoen.
Star South is egter soveel meer as net ’n voorsieningsketting. Dit is ’n lewensiklus. En die hartklop daarvan is ons verhoudings. Ons netwerk van die mees toegewyde vennote versterk en verbeter ons om moeilike versoeke te kan uitvoer en swaar ladings met gemak te kan dra.
Vat hande met ons om jou te verbind met die beste varsprodukte en vennote.
Besoek ons webtuiste vir meer inligting by www.starsouth.co.za, of kontak ons by +27 (0)21 864 3655 of info@starsouth.co.za
Ons hoofkantore is by Kerkstraat nr. 9, Wellington, Suid-Afrika.
Star South
Skep Sinergie