Tiger Brands belê meer as R200 miljoen in Paarl
Tiger Brands het sy fabriek in Paarl, wat reeds in 1903 gevestig is, in ’n moderne kulinêre megaterrein omskep. Die belegging bring die vervaardiging van Mrs Ball’s Chutney terug na die Wes-Kaap, verminder die onderneming se afhanklikheid van eksterne vervaardigers en verskaffers, en skep ’n groter mark vir plaaslik verboude vrugte en groente.

