Die Suid-Afrikaanse landbou is ’n suksesverhaal in wording
Suid-Afrika se landbousektor is nie op die rand van ineenstorting nie – inteendeel, dit is besig om te groei. Só sê Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die Landbousakekamer (Agbiz), in ’n onlangse onderhoud met Biznews.


