
Nooitgedachters is SA se oudste inheemse perderas afkomstig van die Basoeto-ponie. Die stamboek gebruik ’n opgradering-teelsisteem waarvolgens ons “nuwe verwante” bloed kan inbring mits die opvolgende nageslag suiwer Nooitgedachters gebruik en die nageslag dan keuring slaag.
Nie een van my ouers is regtig perde-mense nie. Toe ek 13 was het my pa vir my ‘n perd gekoop en gesweer hy sal hom persoonlik uit die lewe help as ek sou afval. Ek het ure per dag spandeer om alles oor perde te lees, maar het seker die meeste oor perdry by my eerste 3 perde geleer.
Natuurlik het ek nooit my pa vertel as ek my jis losgeval het nie.
My eerste kontak met Nooities was tydens ons jaarlikse vakansie naby Ai-Ais toe ek in standerd 8 was. Ek het vir die plesier gaan perdry. Nadat ek vir my eerste rit betaal het, het die eienaar my sommer aangestel. Vir 2 weke moes ek elke dag saam met sy gaste gaan perdry.

My gidsperd was ‘n Nooitgedachter genaamd Hombré. Hy het my hart gesteel en ek het baie trane gestort toe ek ná die vakansie moes groet.
My pad het weer met die perderas gekruis toe ek op 31 ‘n stoet gekoop het wat andersyds van die droogte sou omkom.
Die trop merries en vullens moes 900 km van die Oos- na die Wes-Kaap reis. Hulle was SPCA-afvat-maer en vlakhaaswild en almal was of in vul of met ‘n vul op voet. Ons moes hulle in die nag in die reën laai, want die perdetrok het gesukkel om by hulle uit te kom omdat die terrein so onherbergsaam was. My hart was bly oor die reën, maar dit reën nie weiding nie. Dit was asof hulle geweet het hulle gaan na beter weivelde en ons het hulle sonder moeite gelaai gekry.
In die Wes-Kaap het hulle eenvoudig koppe laat sak en gevreet. Die Here het almal gespaar en 2 maande later is Karorado-stoet se eerste vullens gebore. Nou, 6 jaar later, is daardie vullens onder saal en gedy hulle hier in die Rooi Karoo.

Maret van Rensburg | karoradonooitgedachterstud.com


856341 995582I feel other web site owners really should take this web site as an model, really clean and superb user genial design and style . 190227
111527 354177Ive applied the valuable points from this page and I can undoubtedly tell that it gives a lot of assistance with my present jobs. I would be really pleased to keep obtaining back in this internet page. Thank you. 821307
153238 692892I believe you did an awesome job explaining it. Positive beats having to research it on my own. Thanks 934878
693870 486808Aw, i thought this was an extremely excellent post. In concept I would like to invest writing in this way moreover – taking time and actual effort to manufacture a really good article but exactly what do I say I procrastinate alot and no means apparently go completed. 754837
436929 937368Enjoyed reading this, extremely great stuff, appreciate it. 585555