DR RUBEN RICHARDS
Uitgewer: Indaba Publishing

Hierdie werk het sy oorsprong in ʼn reeks debatte oor die oorspronklike bruin mense van Suid-Afrika. Daar word spesifiek gekyk na die debat in die sewentiende eeu tussen twee Hollanders, Jan [Johan Anthoniszoon] van Riebeeck en Mathew [Matthijs] Proot oor die mensheid van die inheemse Khoisanbewoners in die omgewing van die hedendaagse Kaapstad. Die Nederlandse koloniste het na hulle verwys as die Kaapmans en die vraag destyds het gehandel oor die aard van die inheemse inwoners. Was hulle Godlose barbare soos Van Riebeeck wou hê of mense net soos Europeërs soos Proot aangevoer het? Die werk bied stof tot nadenke en gee insig in die verlede en die hede van ons bevolkingsamestelling.
KOOP AANLYN: http://bastaardsorhumans.co.za/contact/
LEES MEER: http://bastaardsorhumans.co.za