Books
Leave a comment

Anton Goosen Liedjieboer

HANLIE RETIEF

Uitgewer: Tafelberg

In hierdie werk vertel die bekroonde joernalis, Hanlie Retief die lewensverhaal van die legendariese man wat liedjies skryf en sing – ons nimlike Liedjieboer, Anton Goosen. Ons gaan saam op die reis deur sy grootwordjare in die Vrystaat tot waar hy vandag terugkyk op sy kleurryke lewe. Die leser kry ʼn blik op die wel en weë van hierdie groot naam in die musiekbedryf; iemand wat allerweë as die vader van Afrikaanse Rock beskou word en die weg gewys het vir menige musikante ná hom. Ons beleef sy sukses en glorie, sy hartseer en teleurstellings. Die boek bied ook ʼn terugblik op ons land se geskiedenis en die rol van ander belangrike stemme uit ons kunstewêreld.


KOOP AANLYN:  https://www.takealot.com/anton-goosen/PLID69358535

LEES MEER:  https://www.litnet.co.za/anton-goosen-liedjieboer-deur-hanlie-retief-n-resensie/

Leave a Reply

Your email address will not be published.