Books
Leave a comment

Ek wens, ek wens

ZIRK VAN DEN BERG

Uitgewer: Kwela

Hier maak ons kennis met die makabere wêreld van Seb die lykbesorger wat sy werk met lyke gelate aanvaar – om hulle te versorg, bloed en ander liggaamsvloeistof uit te tap, verminktes te herbou, te was en vas te werk, en dan die bleek gesigte te grimeer en mooi te maak vir die familie. Maar tog, net soms, wens hy dat daar een of ander ingryping kan wees om hom weg te skeur uit sy droewige en eentonige bestaan. En dan een dag verander sy vervelige wêreld as hy kennis maak met die sonderlinge agtjarige seun Gawie. Dis hier waar die leser ingesuig word en net nie die boek kan neersit nie.


KOOP AANLYN:  https://www.takealot.com/ek-wens-ek-wens/PLID53598215

LEES MEER:  https://www.litnet.co.za/resensie-ek-wens-ek-wens-deur-zirk-van-den-berg/


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *