Books
Leave a comment

Dirty tobacco. Spies, lies and mega-profits

TELITA SNYCKERS

Uitgewer: Tafelberg

Die voormalige SAID-prokureur, Telita Snyckers, gee ons in hierdie aangrypende publikasie ʼn blik op die donker kant van die tabakbedryf. As jy gedink het die smokkel van dwelms en wapens is winsgewend, moet jy weer dink. Snyckers vertel hoe die smokkel van onwettige sigarette reg onder ons neuse plaasvind en hoe agtenswaardige tabakmaatskappye betrokke is. Ons hoor nie net hoekom ʼn genoteerde maatskappy daarin belang sou stel om by smokkelhandel betrokke te raak nie, maar ook hoe dit gedoen word. Hierdie werk kom op die regte tyd om die leser ʼn beter begrip te gee van wat juis nou in grendeltyd so in die nuus is.


KOOP AANLYN:  https://www.takealot.com/dirty-tobacco/PLID66387911

LEES MEER:  https://www.702.co.za/podcasts/201/the-best-of-the-money-show/326992/business-book-dirty-tobacco-spies-lies-and-mega-profits

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *