News
comments 10

Uitverkoop: SA kaasfeesgangers se koopkrag beïndruk ná COVID-19-onderbreking

Vanjaar se Suid-Afrikaanse Kaasfees van 30 April tot 2 Mei 2022 op Sandringham buite Stellenbosch was ‘n reusesukses gemeet aan die koopkrag van feesgangers en tevrede uitstallers.
Vanjaar se fees is deur 6 000 mense bygewoon met besoekers wat tot 2000 per dag beperk moes word. ‘n Opwipfees is ook van 23 tot 24 April 2022 op Groote Post buite Darling aangebied en is deur meer as 3 000 mense bygewoon.
“Ons glo ons het met innoverende oplossings vorendag gekom om ‘n suksesvolle fees te kon aanbied binne die beperkende Covid 19-regulasies wat steeds van toepassing is op die geleentheidsbedryf,” sê Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo.

Feesgangers Veronique Farrow, William Alkastor, Judy Pool en Heather Francis van die Paarl kuier by die SA Kaasfees

Volgens die Wes-Kaapse Premier Alan Winde is vanjaar se fees ‘n groot teken dat die ekonomie weer aan die gang kom. “Ons móét vorentoe beweeg, ons kan nie bekostig om dit nié te doen nie, veral vir werkskepping. Watter beter manier is daar nie om ‘n fees te hou as ‘n vertoonvenster van al ons landbouprodukte, en om mense byeen te bring en dit met musiek te vier nie. Vanjaar se SA Kaasfees-opwipmodel is ‘n kans wat Agri-Expo gewaag het om hierdie belangrike fees weer aan die gang te kry. Dankie aan hulle vir hierdie nuwe idee en wat dit beteken vir die platteland se ekonomie én gees.”

Pamella Dzindqwa, Tasimba Rumhungwe, Karren Horonga en Shalom Tripanzi (heel regs) van die Puglia Cheese-span by die SA Kaasfees

BUFFEL-MOZZARELLA EN HALLOUMI VLIEG VAN DIE RAKKE

Feesgangers kon kies en keur uit sowat 120 uitstallers se skeppings, waaronder ‘n aantal klein kaasmakers wat as deel van die #SupportSmallCheeseMakers-projek, in vennootskap met die Wes-Kaapse Departement van Landbou (WKDL), genooi is om hul unieke handgemaakte produkte bekend te stel. Besoekers kon ook vanjaar weer as deel van die Cape Made: Taste the Alternatives-projek, in vennootskap met die WKDL, alternatiewe nisprodukte uittoets en koop.

Menige uitstallers se produkte het heeltemal uitverkoop met besonderse produkte, soos Zandam se buffel-mozzarella, Jabulani Chigara se draakvrugte, Klein River Cheese se wêreldbekroonde verouderde Gruberg, Rockvale én Foxenburg se bokmelkkase, Tlaquepaque se halloumi, Karootjie van Calitzdorp se roosmaryn-en-rooiwynkruiesout asook die Wes-Kaap Heuningbostee-koöperasie se tee, wat van die rakke gevlieg het. “Ons was aangenaam verras met die ondersteuning”, sê die distilleerder Robyn Hartman van die splinternuwe 9 Orphans Distillery. “Ons het reeds sowat die helfte van ons heel eerste stooksel van turksvy-gin en akkergegeurde eikesap-gin, van 360 bottels elk, by die fees verkoop”.

Foxenburg-landgoed se bokmelkkaassmeer was een van die nuwe produkte by die SA Kaasfees
Feesgangers Lisa en Nicholas Blank het ‘n kaashoed opgesit by Cheesemaking.co.za se stalletjie
Tino Dello Donne van Zandam Italian Cheese by die SA Kaasfees
Khuselo Mchithakali en Estalanie Marais van Foxenburg Estate by die SA Kaasfees

Ehlers sê dit is wonderlik vir Agri-Expo om ‘n bydrae te kan lewer op die ekonomiese herstelpad van groot en klein besighede. “Die waarde van die SA Kaasfees lê juis opgesluit in die platform wat geskep word vir besighede, van klein entrepreneurs tot nasionale maatskappye, om interaktief met verbruikers om te gaan en hul produkte bekend te stel asook om die vele bemarkingsgeleenthede wat die fees bied, te benut.”

Die Standard Bank Travel & Taste-ervaring was ‘n groot gunsteling onder besoekers. Bekende sjefs soos Tiaan Langenegger van kykNET se Tiaan Proe, Jenny Morris en Isabella Niehaus, asook die akteur Neels van Jaarsveld, het feesgangers vermaak terwyl hulle van Suid-Afrika se top Chenin Blancs en Pinotage tot boetiekbier en -gin saam met ‘n verskeidenheid kase van gehalte kon proe.

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER AND WIN!
Five winner get each a case of Darling Cellar wines, which include:

1 bottle MCC Blanc de Blanc Brut, 1 bottle MCC Brut Rose, 2 bottles Chocoholic Pinotage, 1 bottle De-Alcoholised Sparkly Rose and 1 bottle Old Bush Vines Chenin Blanc.
Click here to enter: https://grondtotmond.com/subscribe/

Die SA Kaasfees vind volgende jaar weer oor die langnaweek van Saterdag 29 April tot Maandag 1 Mei 2023 plaas. Besoek www.cheesefestival.co.za vir meer inligting, volg die SA Kaasfees op Twitter @SACheeseFest, Facebook @SACheeseFestival of Instagram @sacheesefest, of kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za


10 Comments

  1. 919997 620901Now im encountering a fresh short problems Once i cant look like allowed to sign up for the particular give food to, Now im utilizing search engines like google audience. 775581

  2. Full Report says:

    637774 605440Any person several opportune pieces, it comes surely, as properly as you bring in crave of various the a lot of other types of hikers close to you with hard part your question. pre owned awnings 14496

  3. 電子煙 says:

    236017 976237 Youre so cool! I dont suppose Ive read anything like this before. So good to discover somebody with some original thoughts on this subject. realy thank you for starting this up. this site is something that is necessary on the internet, someone with slightly originality. useful job for bringing something new to the internet! 452877

  4. binance says:

    Thank you for your sharing. I am worried that I lack creative ideas. It is your article that makes me full of hope. Thank you. But, I have a question, can you help me?

  5. 59755 566456This really is an exceptional post and I entirely recognize exactly where your coming from within the third section. Perfect read, Ill regularly follow the other reads. 47044

  6. 783076 333290Hello! Someone in my Facebook group shared this internet site with us so I came to look it over. Im undoubtedly enjoying the details. Im book-marking and will probably be tweeting this to my followers! Outstanding weblog and superb style and style. 484678

  7. Giffarine says:

    767974 7880981 can undertake all sorts of advised excursions with assorted limousine functions. Various offer wonderful courses and several can take clients for just about any ride your bike over the investment banking location, or even for a vacation to new york. ??????? 726783

  8. essentials says:

    768439 116269This is going to be a great site, might you be interested in performing an interview about how you developed it? If so e-mail me! 511390

  9. 838822 855742I used to be far more than pleased to seek out this internet-site.. I dont even know how I ended up here, but I thought this post was fantastic. A lot far more A rise in Agreeable. 460644

  10. Anmelden says:

    Thanks for sharing. I read many of your blog posts, cool, your blog is very good.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *