News
comment 1

Moenie hierdie Karoo woljol misloop nie

Luister na ‘n onderhoud oor die opkomende Winter Wolfees op RSG

Die Karoo Winter Wol-Fees vanaf 24 tot 26 Junie bied ‘n opwindende program vir oud en jonk. Benewens ‘n voedselmark, ‘n wolmark ‘n MTB-resies en ‘n lekker ou plaas-skuur dans, gaan bekende sprekers oor die landbou en die ekonomie kom praat.

Die Karoo Winter Wolmark word by Dwarsvlei gasteplaas gehou. ‘n Groot aantal wolprodusente, vervaardigers en kleinsake-ondernemings gaan deelneem. Dit bied ‘n gulde geleentheid vir boere en die mode-industrie om te netwerk. Daar gaan ook werkswinkels en ander vermaak vir oud en jonk wees. By die kos-stalletjies kan gaste aan die beste Karoo kos en drinkgoed smul.

Stel jy belang in hoe wol van Merino tot mode transformeer? Vir diegene wat belangstel in hoe wol sorteer, gegooi en prosesseer word is daar ‘n opvoedkundige demonstrasie.

Dis nie al nie – natuurlike vesel werkswinkels word ook aangebied. Dit sluit in kleuring, kreatiewe brei en vilt (felting).

Sprekers soos Atholl Trollip en Dawie Roodt gaan praatjies lewer oor die landboukundige ekonomie, volhoubare boerpraktyke, die toekoms van boerdery en die belang van natuurlike vesel in Suid-Afrikaanse mode. Kliek hier vir die hele lys van sprekers – https://www.karoowinterwoolfestival.com/karoo-winter-wool-market/speakers

Die Karoo Winter Wool Run & MTB is op die skaap-plaas Beskuitfonten, op 25 Junie. Die bergfiets-resies of staptog is vir die hele familie. Vure word vroegdag aangesteek en deelnemers gaan met varsgemaalde koffie en warm sjokolade en beskuit verwelkom word. Deelnemers kan kies tussen ‘n 5km en 10km draf of staproete – of ‘n 27km bergfiets-roete. Al die roetes is gemerk en bied pragtige natuurskoon. Terrein wissel tussen Jeep-track, rotsagtige gebied of maklike veldpaadjies.

Deelnemers kan ook luister na die Karoo-bossie kenner Dr Loraine van den Berg van die Grootfontein Landboukundige Ontwikkelingsinstituut. Sy sal op die roete wees om meer te vertel van die unieke ekologie van hierdie deel van die Karoo en hoekom dit ideaal vir wolproduksie is. Elke deelnemer ontvang ‘n geskenksakkie wat koopbewyse insluit om produkte by die wolmark op Dwarsvlei te koop. Diegene wat die roete voltooi kry ‘n spesiale medalje. Die wenners van die mans- en vroueafdeling kry elk ‘n pragtige Merino wolhemp geborg deur Core Merino.

Sportspanne kan teen 20% afslag inskryf en ook die kans staan om ‘n prys te wen.

Nog inligting:
https://www.karoowinterwoolfestival.com/
https://www.middelburgkaroo.co.za/

Kaartjies:
https://www.quicket.co.za/events/172540-karoo-winter-wool-festival/


SKRYF IN OP ONS GRATIS NUUSBRIEF EN WEN!
Vyf wenners kry elkeen ‘n boks wyn van Darling Cellars, wat insluit:
1 bottel MCC Blanc de Blanc Brut, 1 bottel MCC Brut Rose, 2 bottels Chocoholic Pinotage, 1 bottel De-Alcoholised Sparkly Rose, 1 bottel Old Bush Vines Chenin Blanc
Skryf hier in: https://grondtotmond.com/subscribe/

1 Comment

  1. Andrew Hanger says:

    Middag, ons is baaie opgewonde vir hierdie wolfees! We travelling the country in a campervan.
    Please advise on camping or campervan accommodation options for the weekend.
    Dankie

Leave a Reply

Your email address will not be published.