Die Transvaalse Landbou-unie nooi alle Suid-Afrikaners om op 16 en 17 Junie virtueel saam te stap in protes teen plaasaanvalle en -moorde.
In ‘n mediaverklaring spreek die organisasie die hoop uit dat die staptog genoeg aandag op die misdade sal fokus sodat die regering die erns van die situasie kan aanspreek.
“Ons besef dat geen veldtog of protesoptog op sy eie misdaad kan stop nie, maar dit is belangrik om só bewusmaking oor die probleem te skep, hier en internasionaal. TLU SA weet dat dit in die hande van die gemeenskap lê om misdaad te bekamp aangesien daar by die regering die politieke wil ontbreek om die situasie te beheer.”
Die plan is om binne 24 uur virtueel te stap. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle.
TLU SA verwys na statistiek wat aandui dat sedert 1990 2183 plaasmoorde aangemeld is – en meer as 6000 plaasaanvalle.

“As jy die staptog ook wil ondersteun, registreer en laat jou naam op die lys van ondersteuners verskyn. Jy sal dan ’n e-pos ontvang met nog inligting, maar, intussen kan jy solank op jou sosiale media platforms deel dat jy die projek ondersteun met die hutsmerke: #plaaslewens #plaasstap #tlusa”.
As jy wel ter ondersteuning wil stap of hardloop – 6km of 6065 tree – neem foto’s en deel dit met ons op Facebook of Instagram met die veldtog se hutsmerke: #plaaslewens #plaasstap #tlusa.”
Registreer:
Hier is die skakel om te registreer en deel van die staptog te wees https://stapsaam.co.za en as jy wil sien hoe lyk die roete besoek https://stapsaam.co.za/stap-saam/

Vyf wenners kry elkeen ‘n boks wyn van Darling Cellars, wat insluit:
1 bottel MCC Blanc de Blanc Brut, 1 bottel MCC Brut Rose, 2 bottels Chocoholic Pinotage, 1 bottel De-Alcoholised Sparkly Rose, 1 bottel Old Bush Vines Chenin Blanc
Skryf hier in: https://grondtotmond.com/subscribe/
1 Comment