Agri-entrepeneur, farmers, News
comment 1

Lone vir plaaswerkers: Dit is wat boere graag wil sien.

Deur René Lötter

Die nuwe nasionale minimumloon is vars aangekondig en tree op 1 Maart 2024 in werking. Die loon, insluitend vir plaaswerkers, is tot R27,58 per uur verhoog. Dit is ‘n verhoging van 8.5%, wat 2.5% hoër is as die gemiddelde inflasie van 2023, wat 6% is.

Die Nasionale Minimumloon geld vir alle Suid-Afrikaanse werkers nie net plaaswerkers nie. Maar boere steier erg onder die verhogings omdat die styging ‘n immergroen lys probleme langer maak. Water en kragtoevoer is onbetroubaar. Paaie, spoorweë, en hawens gaan agteruit. Misdaadsyfers styg. Rompslomp is ingewikkeld. Die swaard van grondhervorming blink.


Grond tot Mond het ‘n vraelys aan produsente uitgestuur oor hoe die verhoging hulle raak. Hier is die resultate.

Hoe beplan jy om die verhoging in die minimumloon te versag?


Wat is na jou mening die grootste probleem in die agri-sektor?

Op hierdie vraag het boere heelwat uitgewei. ESKOM was duidelik die grootste probleem maar prysverhoging van voedingstowwe is ook genoem as ‘n kopseer. “Dit terwyl vleispryse en ander produkte ver onder die verbruikersprysindeks presteer.”

Sommige boere het ‘n wenslys deurgestuur vir beter arbeidswetgewing, beter opleiding, beter tegniese ondersteuning en kapitaal.

“Al die probleme jaag insetkoste op – dus jou prys vir produkte styg nie in lyn met die prysverhogings om die produk te groei nie.”

Baie boere worstel ook met droogte in hule area.


Hoe het die minimum plaaswerkerloonverhoging jou boerdery se finansiële situasie beïnvloed?


Watter uitdagings ervaar jy as gevolg van die verhoging?


Was daar veranderinge in jou boerdery se arbeidsmagdinamika sedert die minimumloonverhoging?

‘n Respondent het hier die punt gemaak dat die verbruiker ewe moedeloos is omdat produkte soms buitensporig duur is. “Maar die winste gaan nie na die boer nie, wel na die kleinhandelaars”.


Watter oplossings glo jy sal die uitwerking van die minimumloonverhoging op jou plaas versag?


Volgens AgriSA is dit is belangrik om uit te lig dat die verhoging van lone nie genoeg is om armoede te verminder nie. “Ons kort ‘n omgewing wat groei en belegging stimuleer.” Baie landelike gebiede maak baie staat op die landbousektor vir indiensneming en ekonomiese stabiliteit.

“As boere gedwing word om arbeid te besnoei of bedrywighede af te skaal weens verhoogde arbeidskoste, bring dit ‘n rippeleffek op plaaslike ekonomieë. Verminderde plaasinkomste kan lei tot verminderde besteding, wat besighede raak wat afhanklik van landbouverwante aktiwiteite soos toerustingverskaffers, voedselverwerkingsaanlegte en vervoerdienste.”

Verhoogde bedryfskoste strek verder as die onmiddellike finansiële druk op boere. “Hulle het die weg gebaan vir verminderde mededingendheid binne die landboubedryf, waar hoër plaaslike arbeidskoste die sektor se vermoë om op ‘n globale skaal mee te ding ondermyn word. Hierdie scenario hou die risiko in van ‘n afname in uitvoere, aangesien die koste-nadeel plaaslik vervaardigde goedere minder aantreklik kan maak in internasionale markte.

“Die kommer oor die landbou is veral uitgespreek vir die tuinbou- en uitvoerbedrywe aangesien hulle oor die algemeen meer arbeidsintensief is. Dit dui daarop dat die hoër minimum lone gekombineer met die impak van stygende insetkoste kan tot werkverliese in presies daardie bedrywe lei wat deur die Nasionale Ontwikkelingsplan geoormerk is om werkskepping te dryf”.


Grond tot Mond het boere ook gevra of hulle aansoek gedoen het vir kwytskeldingsvergunning:


Indien nee, hoekom het jy nie aansoek gedoen nie?


Die aansoek word aanlyn gedoen by http://nmw.labour.gov.za en alle vereiste inligting plus die proses word duidelik uiteengesit.


Grond Tot Mond het met Jannie Strydom van Agri-WesKaap gesels en hy het die proses soos volg verduidelik:

Die Nasionale Minimumloon word jaarliks deur ‘n kommissie hersien. Die kommissie gee vir die publiek kans om kommentaar en insette te lewer, waarna daar ‘n aanbeveling aan die nasionale minister van arbeid en indiensname gemaak word. Die minister maak dan ‘n aankondiging (gewoonlik in Februarie) waarna die aanpassing op 1 Maart geïmplementeer word.

Sien hiermee ‘n tabel wat die tydlyn van die proses verduidelik.

Die aanbeveling van die nasionale minimumloon kommissie vir die 2024 aanpassing was as volg:
● 8 uit die 12 kommissarisse ondersteun ‘n verhoging van inflasie (VPI) + 3%;
● 3 uit die 12 ondersteun ‘n verhoging gelykstaande aan die VPI; en
● 1 kommissaris ondersteun ‘n verhoging van VPI + 0.75%

Die nasionale minimumloon word dus daarom op 1 Maart 2024 in die omgewing van 8,5 % verhoog.

Voorstelle van organisasies

Landbou-organisasies maak beswaar teen die konsep van ‘n gereguleerde nasionale minimumloon, en beweer dat Suid-Afrika se werkloosheidskrisis ‘n ander benadering vereis.
TLU SA en Saptu se voorlegging stipuleer verskeie minimumvereistes vir toekomstige loonregulasies, insluitend minimum onderwysstandaarde, voorkeur aan produktiwiteit bo blote teenwoordigheid, aanspreek van infrastruktuuruitdagings, herstel van eiendomsreg, en afskaffing van rasgedrewe beleide.

NEASA en Saai stel voor dat werkloosheid aangespreek word deur op onderwys te fokus, werknemers se vaardighede te verbeter en ekonomiese groei te stimuleer en sodoende lone organies binne ‘n mededingende vrye mark te verhoog.

Teen ‘n agtergrond van rekord vlakke werkloosheid, armoede en honger, gepaardgaande met 28 miljoen mense wat vir ‘n lewensbestaan van staatstoelae afhanklik is, moet die minimum loon eintlik heeltemal geskrap word.

Geen minimum loon-regulasie help jou nie as jy nie werk het nie. In werklikheid verhoog ‘n hoër minimum loon net uitgawes vir ondernemings wat alreeds gewurg word.

Loonstygings gaan gewoonlik met stygende pryse gepaard. Nog ekstra uitgawes aan die werkgewer wat daardie uitgawes van die verbruiker moet verhaal.

TLU SA en Saptu is van mening dat die beste langtermynoplossing vir loonbepaling is om markkragte toe te laat om werkers te vergoed op grond van verdienste, met inagneming van produktiwiteit en opvoedingsvlakke.

Twee prominente vakbonde, Solidariteit en die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (NUMSA), beveel die afskaffing van die nasionale minimumloon aan. Tog het die Kongres van Suid-Afrikaanse Handelsunies (COSATU) voorgestel om die verbruikersprysindeks (VPI) met 3% in 2024 te verhoog, wat ideologiese verskille binne arbeidsorganisasies beklemtoon.

Die landboubedryf kan natuurlik baie meer vir werkverskaffing in die land beteken as dit nie vir onrealistiese arbeidswetgewing was nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Die idealistiese minimum loon is eintlik net fopdossery. Dit maak miskien ‘n paar mense in die land se lewens effens beter, maar vir die meerderheid veroorsaak dit ‘n verlies aan werk. Boere, as die werkgewers, moet vir wins boer om te bly voortbestaan. As die loonrekening te hoog raak, moet daar na ander maniere gekyk word om volhoubaarheid te verseker, soos byvoorbeeld meganisasie, tot die nadeel van werkverskaffing. Landbou se verantwoordelikheid lê by produktiwiteit.”

Hoofsaaklik wens boere die regering wil sy landboubedryf respekteer, koester en ondersteun.
“Ons wens vir ‘n regering wat produsente nie as vyande beskou wat grond besit wat hulle voorvaders toekom nie”.

1 Comment

  1. Tom Jacobus Willems says:

    Die middelman moet uitgeskakel word en plase moet as sosiale interactive eenhede bestuur word! Werkers moet meer begin doen wat sprit uit fyn beplanning aan kant van die boer!
    Boere moet toegelaat word om met behulp van sy onmiddellike omgewing sy plaas so te bestuur dat hy/sy werkers se vertroue wen!
    Regering moet boere in verskaffing van skaarsprodukte subsidieer!
    Vakbonde moet sover as moontlik uit vertrouensverhouding van boer en werket bly!
    Pryse van alle hoogsgemasjieneerde apparatuses moet deur regering gesubsifieer word! Stop rompslomp wat arbeid/ dienslewering belemmer/ vertraag!

Leave a Reply

Your email address will not be published.