News
comments 2

Handelsdrama of nie, ons boere druk deur

Daar is ‘n gesegde dat mens nie die geleenthede wat ‘n goeie krisis bied, deur die vingers moet laat glip nie, en te midde van al die drama in die internasionale handelsarena, is SA landbou goed geplaas om hierdie raad te volg.

Die Syngenta Boerekos Plaaskombuis – ‘n fynproewerervaring aan die hart van Graan SA se NAMPO Oesdag 

“Ons nasionale oestafel loop oor van gehalte en is merkwaardig vry van die sooibrand wat baie ander landbou-ekonomieë laat les opsê,” sê Luc Henry, Suid-Afrikaanse sakehoof en besturende direkteur van Syngenta Suid-Afrika. “Die winde van globale verandering mag sterk waai, maar ons moenie uit die oog verloor nie dat plaaslike landbou grootendeels in ‘n goeie posisie is om voordeel te trek uit die geleenthede wat onvermydelik in ontstuimige tye gebaar word.”

Die verskeidenheid kleure en geure en kossoorte wat op Suid-Afrika se kollektiewe landboutafel pronk, is milde bewys van ons boere se vermoë om hoë gehalte kos op ‘n volhoubare manier te produseer. Die resultaat is ‘n stewige voedselsekuriteitruggraat.

“Produksieskattings vir somergraan en oliesade het met 16% verbeter,” sê Henry. “Ons maak ook goeie vordering met geelmielieproduksie, terwyl voller damme en meer stabiele elektrisiteitsvoorsiening vir besproeiing die vrugte- en groentesubsektor tot voordeel strek.”

‘n Verdere bewys hiervan is die fees wat ten toon gestel is by die Syngenta Boerekos Plaaskombuis, ‘n fynproewerervaring aan die hart van Graan SA se NAMPO Oesdag (wat op 13-16 Mei 2025 plaasgevind het).

Sterk, wydverspreide fondasies

Suid-Afrika se algehele landbouproduksie was effens laer in 2024, maar nogsteeds goed, en 2025 is op ‘n bestendige pad na herstel. Die res van Afrika was ons grootste uitvoermark in 2024. Die vasteland het 44% van ons uitvoere ontvang, met die Europese Unie (19%) en Asië (21%) ook belangrike bestemmings. Die Amerikas het 6% van uitvoere geneem en die res van die wêreld die oorblywende 10%. Suid-Afrika is, soos meeste ander lande, blootgestel aan die dinamika van internasionale handel en vir sekere industrieë, veral sitrus, is die huidige stand van sake besonder kommerwekkend. Dit is egter positief dat ons landbousektor nie uitgelewer is aan ‘n enkele mark of handelsverhouding nie.

Die sektor staan ook op stewige bene. Wydverspreide La Niña-reëns wat ‘n bietjie laat en baie swaar was, het operasionale uitdagings geskep en kan oesgehalte en -skedules benadeel. Die weervoorspelling vir gewasse soos koring is nie goed nie, maar oor die algemeen lyk dit asof toestande betyds sal verbeter om grootskaalse ontwrigting te vermy.

“Produksieskattings vir somergraan en oliesade het met 16% verbeter,” sê Henry. “Ons maak ook goeie vordering met geelmielieproduksie, terwyl voller damme en meer stabiele elektrisiteitsvoorsiening vir besproeiing die vrugte- en groentesubsektor tot voordeel strek.”

Luc Henry, Suid-Afrikaanse sakehoof en besturende direkteur van Syngenta Suid-Afrika.

Baie werk agter die skerms

Teen die agtergrond van weeruitdagings en toenemende internasionale handelsonsekerheid, is dit belangrik om te onthou dat Suid-Afrika oor die afgelope paar jaar hard gewerk het op die diplomatieke front om toegang tot nuwe landboumarkte te verkry.

“Alhoewel ons landbouposisie binne BRICS nog in sy kinderskoene is, hou ons lidmaatskap van hierdie groepering groot potensiaal in vir die toekoms,” verduidelik Henry. “Alle tekens dui daarop dat Suid-Afrika aktief besig is om landbouhandelsbetrekkinge met ‘n wye verskeidenheid vennote te vestig. Terselfdertyd maak ons bestendige vordering in voorkeurmarkte soos Sjina, Indië, Egipte en Saoedi-Arabië.”

Voorts het ander internasionale spelers, wie se mediaprofiele baie minder opspraakwekkend is as die VSA s’n, oor die afgelope tyd sleutelposisies in Suid-Afrikaanse landbou begin inneem. Met Amerika wat tans die nuus oorheers, vind hierdie verwikkelinge meestal in die stilligheid plaas.

Syngenta belê US$1.1 miljard in navorsing en ontwikkeling elke jaar en speel ‘n aktiewe rol in landbou in Suid-Afrika. Hy is ook hoegenaamd nie die enigste globale speler met ‘n energieke plaaslike teenwoordigheid nie. Gesamentlik hou hierdie beleggers se navorsing en ontwikkeling en algemene sakevernuf geweldige potensiaal in om plaaslike produsente te help om maksimum kommersiële waarde te genereer.

Geleentheid moet gerealiseer word

Suid-Afrika het nog baie werk om te doen om sy groeipotensiaal ten volle te realiseer. Bo-aan die lys is die verbetering van burokratiese landboustelsels en administratiewe reaksietye.

In terme van databeskermingstelsels, byvoorbeeld, kan plaaslike produsente nog nie die volle voordeel benut van ‘n maatskappy soos Syngenta se internasionale innovasie nie, as gevolg van die beperkings wat plaaslike stelsels inhou. Produsente sal beduidende addisionele waarde kan put uit die belyning van plaaslike en internasionale norme.

“Hierdie tipe volgehoue, diepgaande beleggings stel ons boere in staat om die beste moontlike produkte op ‘n volhoubare manier te lewer.”

“Hierdie tipe volgehoue, diepgaande beleggings stel ons boere in staat om die beste moontlike produkte op ‘n volhoubare manier te lewer,” sê Henry. “Terselfdertyd kan meer geleenthede vir produsente geskep word om gapings in bestaande markte te vul en om nuwe markte te betree. Sodanige beleggings kry nie veel media-aandag nie, maar daar is geen twyfel nie dat Suid-Afrika alreeds toegang het tot diverse landboubeleggings en -verhoudings wat die sektor kan posisioneer om bestaande probleme te hanteer en nuwe geleenthede vir groei te ontgin.”

‘n Opwindende toekoms wat anders lyk

Verskuiwings in handelsverhoudinge wat tans in verskeie dele van die wêreld plaasvind, is dikwels vasgelê in ‘n eenvoudige maar uiters belangrike grondbeginsel, naamlik dat goed toegeruste en bevoegde landbou-ekonomieë gereed en in staat is om vinnig veranderende omstandighede tot hul voordeel aan te wend. Afgesien van sy vele uitdagings, val die plaaslike landbou-ekonomie steeds in die goed toegeruste en bevoegde kategorie.

Dit bring ons by die punt dat die ongelooflike kos by die Syngenta Boerekos Plaaskombuis by die NAMPO Oesdag en die lewendige atmosfeer by ‘n reuse landbouhandelskou soos NAMPO allesbehalwe kosmeties is, ongeag van hoe mooi alles lyk en hoe goed alles proe.

“Die Syngenta Boerekos Plaaskombuis wat nou in sy tweede jaar is, is ‘n asemrowende en heerlike koservaring, maar dit vang ook die wese van graanproduksie vas en herinner ons aan die noodsaaklikheid om die vasteland te voed,” sluit Henry af. “Dit wys baie duidelik dat Suid-Afrika in ‘n uitstekende posisie is om die nuutste tegnologie te benut sodat meer met minder vermag en volhoubare voedselproduksie, van plaas tot vurk, verseker kan word.”

2 Comments

  1. Pingback: clomid 50 mg
  2. Pingback: viagra tablet 50mg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *