Op Die Kraaltjie hou Elize van Greunen duisende kwartels aan en bottel haar geheime resep met trots.
Woorde: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter

In die sitkamer van die plaashuis op Die Kraaltjie gesels Elize van Greunen en haar seun Stéfan gemaklik oor die verskeidenheid aktiwiteite wat hulle op die plaas aanpak. Haar man André is die plaaslike geneesheer en die gesin is al ou bekendes in die dorp. Stéfan bedryf ’n byebesig-heid wat boorde in die Langkloof bestuif. Elize sorg vir sowat vyfduisend kwartelhoenders en is voltyds besig met die inmaak en verpakking van eiers vir ’n groot kettingwinkel.
“Die produksieproses verg baie elektrisiteit vir die verhitting van die hokke en die kook van die eiers. Dit raak al hoe duurder, en ons gebruik nou gasstowe daarvoor.”
In die sitkamer van die plaashuis op Die Kraaltjie gesels Elize van Greunen en haar seun Stéfan gemaklik oor ’n verskeidenheid aktiwiteite wat hulle op die plaas aanbied. Haar man, André, is die plaaslike geneesheer en die gesin is al ou bekendes in die dorp en omgewing. Stéfan bedryf ’n byebesigheid vir die bestuiwing van boorde in die Langkloof en Elize is in beheer van ongeveer 5 000 kwartels. Sy is voltyds besig met die inmaak en verpakking van kwarteleiers vir ’n groot kettingwinkel.

Ons het eintlik met Elize gaan gesels oor haar kwartelboerdery, maar Stéfan sit saam met ’n koppie koffie aan die tafel en vertel gretig oor sy byeboerdery.
“Ek gebruik die bye uitsluitlik vir die bestuiwing van boorde en natuurlik is daar in ons omgewing ’n groot aanvraag hiervoor. In die verlede het ek ook heuning geoes, maar ons het tans te min arbeid beskikbaar en dit is iets wat nou maar eers moet wag.”
“En aanvanklik het ons tarentale ook aangehou, maar gou gesien hulle is nie lonend nie.”
“Om bestuiwing te verseker sorg ek dat daar altyd bye in die kaste is, maar die korwe moet ook nie te vol wees nie, want dan trek die swerm. Sowat twee derdes is gewoonlik goed genoeg, anders werk hulle nie. Vir nou is dit my hoofdoelwit om kaste in boorde te kry vir die bestuiwingsproses. Dit is ’n uiters belangrike deel van vrugteproduksie,” vertel Stéfan entoesiasties.

Hy sê daar is verskeie reëls en regulasies wat nagekom moet word en dat daar ook verskillende korwe is wat gebruik word. Sommige produsente verkies die sogenaamde superboks, wat ’n normale korf met ’n kleiner een bo-op is, bekend as die broodboks. Hulle glo die superbokse huisves meer bye en lewer dus meer doeltreffende bestuiwing.
Volgens Stéfan is dit nie altyd ’n maklike diens om te lewer nie, omdat die bye ook geteiken word deur voëls en ander insekte. Hele korwe kan uitgewis word as siektes daarin versprei.

VAN BROEI TOT BOTTEL
Elize, nou reeds 73 jaar oud, is vol energie en dryfkrag. Dit is duidelik dat sy haar besigheid baie geniet.
“Ons was op ’n keer op besoek aan die Landbounavorsingsraad (LNR) se perseel in Irene buite Pretoria toe ons op die kwartels afkom. Dit was deel van ’n projek genaamd Fowls for Africa. Hierdie projek het hoofsaaklik langbeenhoenders geteel om aan landelike gemeenskappe te verkoop sodat hulle selfonderhoudend kon wees, maar dit het ons nie juis aangespreek nie. Dit is nou al omtrent 25 jaar gelede,” dink sy terug aan die begindae.
“En aanvanklik het ons tarentale ook aangehou, maar gou gesien hulle is nie lonend nie. Hulle lê net een keer per jaar en broei ook net een keer, en dan moet jy die kuikens vir ’n jaar aanhou. Dit is net nie ekonomies nie.”

Elize vertel dat die kwartels daar nie vrygeloop het nie, maar in klein hokkies toegesluit was. Hulle het nie baie daarvan gehou nie. Hier op Die Kraaltjie is die kwartels ook in hokke, maar daar is meer as genoeg beweegruimte vir hulle om rond te loop en kos te soek.
Die eiers kook vir 15 minute in potte wat nie te vol gepak is nie, sodat almal eweredig gaar word en nie te hard of te sag is nie.
Hulle het 250 eiers van die LNR na hul plaas gebring en in klein poliëtileen-houers geplaas om uit te broei.
“Sonder enige kennis of ervaring en sonder internet of Google, moes ons maar self leer en uitwerk presies hoe dinge werk,” vertel sy.
Sy vertel dat hulle varkhokke wat agter die plaashuis gestaan het, aanvanklik verhuur het, maar later omskep het in hokke vir die kwartelkuikens. Sy erken dat hulle foute gemaak het, maar sê hulle het dinge deurgaans verbeter.

“Op sekere tye wanneer ons broei, gaan eiers na broeimasjiene en dan word die ouer kwartels uitgeslag sodat jy weer jong kwartels in die stelsel kan inbring. Dit duur ongeveer 17 dae vir die eiers om uit te broei, en dan neem dit sowat ses weke voordat die jong kwartels begin eiers lê. Hulle kan dan tussen nege maande en een jaar in produksie bly voordat produksie begin afneem en hulle weer uitgeslag moet word. Ek verkoop die vleis, gevries, aan kopers in Johannesburg en ’n paar spesialisrestaurante. Die vleis moet gevries per vliegtuig vervoer word, aangesien koeriers nie vleis as vrag aanneem nie, en dit raak baie duur,” vertel sy.
ELKE STAPPIE MAAK SAAK
Tans verkoop sy vars kwarteleiers en lê ook ’n groot persentasie van die produksie in ’n spesiale oplossing – ’n geheime resep wat sy nie sommer met ander deel nie. Die ingemaakte eiers gaan dan na die verspreidingsentrum in Kaapstad, vanwaar dit na winkels versprei word. Sy verkoop egter ook heelwat ingelegde kwarteleiers by plaastalletjies onder Die Kraaltjie se naam. Op die oomblik lê sy al die eiers in en verkoop min vars kwarteleiers. Vervoer raak eenvoudig net te duur.
“En ons moet baie akkuraat werk met die voer, hokke en bekamping van siektes. Daar is ’n baie fyn lyn tussen wins en verlies, en met alles wat duurder raak, kan jy nie foute bekostig nie. Die produksieproses verg baie elektrisiteit vir die verhitting van die hokke en die kook van die eiers. Dit raak al hoe duurder, en ons gebruik nou gasstowe daarvoor.”

Elize vertel dat hulle tans ongeveer 2 000 voëls het, en soms groei die getalle tot ongeveer 3 000. Dit word baie fyn bestuur. Hulle moet voortdurend verseker dat daar altyd kwartels is wat lê sodat hulle in die produksiesiklus kan bly.
Die meeste eiers is dieselfde grootte en die voëls lê elke dag een eier. Maar hulle kan uitgelê raak en daarom ry sy vitamienaanvullings. In ’n stadium het Elize die kwartels meel gevoer, maar dit het te veel gemors. Nou kry hulle pille, en sy vertel dat hulle dit die eerste drie of vier dae vreeslik vreet, maar dan gaandeweg daaraan gewoond raak en rustiger eet.

Geslagte kwartels weeg tussen 125 g en 150 g. Dit is ’n nisproduk en word as delikatesse beskou. Sy vertel dat sy al pasteie van die vleis gemaak het deur die beentjies af te kook, maar dit is ’n moeisame proses omdat die beentjies so dun soos naalde is en alles uit die vleis verwyder moet word.
“Ek het dit sommer gedoen om te kyk hoe dit smaak, en jy gebruik gewoonlik twee kwartels per persoon in ’n porsie. Maar ek eet dit glad nie, ook nie die eiers nie,” vertel sy so tussendeur.
Die produksieproses is redelik eenvoudig en die eiers word, nadat dit bymekaar gemaak is, eers gewas. Sy het vier werkers wat haar help, twee by die hokke en twee wat die kook- en inmaakwerk doen. Die eiers kook vir 15 minute in potte wat nie te vol gepak is nie, sodat almal eweredig gaar word en nie te hard of te sag is nie. Dit is iets wat sy oor die jare bemeester het.

Die eiers word in emmertjies gepak om af te koel en dan versigtig geskud sodat die doppe kraak voordat dit met die hand afgeskil word. As die wit gebreek is en die geel kom uit, maak dit die vloeistof waarin dit ingelê word troebel, en dan wil mense dit nie koop nie.
Nadat die eiers vir ’n dag of wat in ’n mengsel van water en asyn in die yskas gestaan het, word dit uitgehaal, weer gewas en dan word ongeveer 30 eiers in die geheime mengsel warm in botteltjies gesit en verseël. Nadat dit afgekoel het, word die etikette opgeplak en die botteltjies verpak vir versending.
WAAROM SY NOG AANHOU
En na al die jare se swoeg, sweet en eksperimenteer, wat maak dat sy nog daarmee volhou?
“Ek het vir my man ook gesê, ek bedryf ook 13 gastehuisies op die plaas en die padstal, dat as dit nie meer vir my lekker is nie, sal ek ophou. My werkplek moet lekker wees en ek moet dit geniet om soontoe te gaan. Ek is nooit weg van die werk of af siek nie, en dit is my behoud. Ek sê ook vir my meisies wat by my werk dat as jy iets gedoen het, enige werk, van bed opmaak tot vloere was en die inmaak van eiers, moet jy terugstaan, daarna kyk, en dan vir jouself kan sê: ek het dit goed gedoen.”

NAAM: Die Kraaltjie AREA: Joubertina, Oos-Kaap OPSOMMING: Op Die Kraaltjie boer hulle met kwartels vir eier- en vleisproduksie, ingelegde kwartel-eiers, en bestuur hulle ook ’n bestuiwingsbesigheid met bye vir vrugteboorde in die Langkloof.

425656 271650dog grooming could be the specialty of my sister, she really loves grooming every dog in our house 677862
345237 777418Cheers for this superb. I was wondering whether you were preparing of publishing comparable posts to this. .Keep up the excellent articles! 651216
64844 148193A very informationrmative post and lots of genuinely honest and forthright comments created! This surely got me thinking a good deal about this concern so cheers a good deal for dropping! 803397
128620 801077There is noticeably a great deal to know about this. I believe you created some nice points in features also. 460119
770383 876158quite nice post, i definitely adore this site, maintain on it 119849
410985 907527Can I simply say exactly what a relief to get someone who truly knows what theyre dealing with on the internet. You truly know how to bring a difficulty to light and make it important. The diet must see this and fully grasp this side on the story. I cant believe youre not a lot more common because you undoubtedly hold the gift. 175409