Om indringerplante onder beheer te bring is een van die belangrikste dinge wat ons kan doen om Suid-Afrika se natuurlike waterbronne te beskerm. Volgens WWF Suid-Afrika se Water Gains Calculator Tool is daar in 2025 meer as 3,3 miljard liter water herwin net deur 1 367 ha se indringerplante in die Wes-Kaap te verwyder.

As deel van die pogings om dié plante se impak op ekostelsels en waterskeidings te beperk, het Nedbank in vennootskap met WWF Suid-Afrika ’n splinternuwe, gratis aanlyn platform bekendgestel wat dit maklik maak om indringerplantspesies te identifiseer.
Hoekom is dit belangrik?
Indringerplante is nie net ’n probleem vir die omgewing nie – dit raak ook jou sak. Hulle verswak die grond, verminder beskikbare water, maak skade aan biodiversiteit en kan grond minder werd maak. Boonop kan jy in die moeilikheid beland as jy nie aan die omgewingswetgewing voldoen nie. Hierdie nuwe hulpmiddel help jou om vroeë besluite te neem en jou grond se waarde te beskerm.
In gebiede soos die Wes-Kaap en Mpumalanga het studies gewys dat die verwydering van indringerplante nie net water teruggee aan die natuur nie, maar ook help met koolstofvaslegging, houtwaarde en beter grondgebruik. Dis dus nie net ’n goeie daad vir die omgewing nie, maar ook ’n slim finansiële besluit vir boere.
Wat doen die hulpmiddel?
Die webwerf, www.alieninvasiveresources.co.za, bevat inligting oor meer as 370 indringerplante regoor Suid-Afrika. Dis maklik om te gebruik, en jy kan volgens streek, klimaat of habitat soek. Die data hou ook tred met die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur: Biodiversiteit, Wet 10 van 2004.
“Indringerplante is ’n ernstige bedreiging vir grondproduktiwiteit, watervoorsiening en eiendomswaarde op die lang termyn. Hierdie hulpmiddel gee ons kliënte die vermoë om spesies vroegtydig te identifiseer en te bestuur.”
Boonop gee die webwerf jou die wetlike inligting wat jy nodig het, asook hoe om hierdie spesies te bestuur. Die platform werk goed op selfone, so jy kan dit maklik op jou plaas of in die veld gebruik.
“Indringerplante is ’n ernstige bedreiging vir grondproduktiwiteit, watervoorsiening en eiendomswaarde op die lang termyn. Hierdie hulpmiddel gee ons kliënte die vermoë om spesies vroegtydig te identifiseer en te bestuur,” sê Cobus De Bruyn, hoof van Landbou CVP by Nedbank.
Beskerm ons water, beskerm jou toekoms
In ’n waterskaars land soos Suid-Afrika is dit van kardinale belang om ons natuurlike waterbronne te beskerm – van landelike gemeenskappe tot stadsbewoners. Met ’n hulpmiddel soos dié in jou sak, kan jy daadwerklik ’n verskil maak.
Gaan loer gerus op die IAP/TOPS Digital Resource Hub of besoek www.alieninvasiveresources.co.za en begin jou grond vandag al beskerm.
Meer inspirerende stories van Grond tot Mond:




