Saai waarsku: Regsraamwerk vir landbou-insette op die rand van ineenstorting
Die Suid-Afrikaanse landbou staan voor ’n ernstige uitdaging: die reguleringsraamwerk wat boere se toegang tot noodsaaklike insette moet beskerm, raak vinnig onfunksioneel. Volgens Saai bedreig hierdie verval nie net boerderye nie, maar ook die land se voedselsekerheid.










