Author: Staff Reporter

Minder mense eet geblikte vrugte en Tulbagh betaal die prys

Mense eet minder geblikte vrugte. Vars is in. Suiker is uit. En enigiets wat as “verwerk” beskou word, moet toenemend teen die persepsie baklei dat dit minder gesond is. Dit is volgens Kobus Gertenbach, uitvoerende hoof van die Premier groep, een van die groot strukturele probleme wat nou agter Premier se plan staan om sy R1 miljard Fruit Products Western Cape inmaakfabriek op Tulbagh te sluit.

Knap jou visdam en waterfontein op!

Die gekabbel van lopende en vallende water kan een van die heilsaamste elemente van ’n tuin wees. ’n Water-fontein of visdammetjie verfraai nie net ’n tuin nie, maar skep ook ’n ruimte van kalmte. Waterlekke kan egter ’n sierlike tuinelement vinnig in ’n groot kopseer verander. Behoorlike voorbereiding, die regte produkte en voldoende droogtyd is daarom noodsaaklik vir ’n blywende resultaat.