All posts filed under: Events

Van kudde tot kroon: Wie is Suid-Afrika se top suiwelboere?

Die 2024 ARC Nasionale Meester-suiwelboer Toekennings het weereens die uitblinkers in Suid-Afrika se suiwelbedryf vereer. Hierdie toekennings, aangebied deur die Landbounavorsingsraad (LNR), beklemtoon prestasie en uitnemendheid in vyf sleutelareas: kuddebestuur, somatiese seltelling, sowel as kleinskaal-, mediumskaal- en grootskaalsuiwel-boerdery.

Francois Rossouw bekroon as 2025 se Toyota SA/AgriSA Jongboer van die Jaar!

Francois Rossouw van Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei is pas aangewys as 2025 se Toyota SA/AgriSA Jongboer van die Jaar. Francois boer saam met sy familie op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei op sowat 400 ha produksiegrond, waar hulle spesialiseer in ’n verskeidenheid tafeldruifkultivars. As jong boer wat verantwoordelik is vir alle fasette van die helfte van hul onderneming se produksiepraktyke, rus daar ’n reuse-verantwoordelikheid op sy skouers.

Suid-Afrika se Heerlikste Lam Bekroon by Nampo Alfa

og ’n onvergeetlike hoofstuk in Suid-Afrika se landbougeskiedenis is vanaand geskryf tydens die Lamb Champs Alfa Dinee, aangebied by Nampo Alfa in Bothaville. Voor ’n gehoor van 450 gaste – insluitend boere, borge en ander eregaste is die titel van Lamb Champs 2025 Nasionale Kampioen toegeken aan Hennie Jonker, wie se uitsonderlike lam in elke beoordelingskategorie uitgestaan het, van op-die-hoef-evaluasie tot by die finale proe.

Mielies, koring en sojabone bereik nuwe hoogtes

Uitsonderlike prestasie in graanproduksie is weereens gevier tydens die jaarlikse Groei vir Goud-toekenningsfunksie in Johannesburg op 25 September 2025, waar Suid-Afrika se top produsente vereer is vir hul uitmuntende opbrengste, innovasie en bydrae tot nasionale voedselsekuriteit. Hierdie jaar se toekennings was histories, met ’n oplewing van nuwe nasionale rekords in mielie-, koring- en sojaboonkategorieë – wat die aanpasbaarheid en kundigheid van Suid-Afrikaanse produsente bevestig, selfs in ’n seisoen gekenmerk deur klimaatsuitdagings.

Shiraz SA bekroon 2025 se beste wyne in drie kategorieë

Die wenners van die 2025 Shiraz SA-uitdaging, Suid-Afrika se toonaangewende kompetisie vir Shiraz, Shiraz-gebaseerde versnitte en rosé, is op Donderdag 7 Augustus aangekondig tydens ‘n feestelike toekenningseremonie by Blacksmith’s Estate in die Paarl. Die Challenge het weereens die rykdom, diversiteit en toenemende uitnemendheid van Suid-Afrikaanse Shiraz oor sy vele uitdrukkings gevier.