Topgehalte Mosambiekse heuning gereed om luukse wêreldmark te verower
‘n Mosambiekse byeboerdery wat deur ‘n Suid-Afrikaanse byeboer begin is, is nie net besig om wêreldwyd aandag te trek nie. Die AbelhaMoz Projek is ook gereed om ‘n beduidende internasionale markaandeel met hul topgehalte produk te verower.