All posts tagged: Almonds

Ontmoet SA se eerste kommersiële amandelboere

Woorde: Hein Eksteen, Fotografie: Michel Dei-Cont My eerste ontmoeting met Stephan le Roux vind plaas op die Oubergpas (die een wat Montagu en Warmwaterberg verbind) kort nadat my motorfiets ʼn pap voorwiel onderlede het en die uwe bykans oorlede in die karoobossies langs die grondpad sy wonde lek. Stephan was toe nog ʼn student en medekroonprins van Amanteco, een van die eerste kommersiële amandelplase in die land, en met die gebruiklike plattelandse gasvryheid bied hy my spyse en drank (hy maak die verleidelikste limoncello), oornagrus en die heelmaak van die voorwiel op die plaas aan. Met ons volgende besoek aan die plaas is Stephan nou Amanteco se algemene bestuurder en sy suster Réni daarenteen is verantwoordelik vir voedselveiligheid, bemarking en verkope. Terloops, wysgere laat weet die amandel simboliseer vrugbaarheid en huweliksgeluk. Plant een naby die huis van ʼn bruid en daar kom kinders by die dosyne. Stephan is intussen met Margot getroud en om sy huis staan om en by 60 000 amandelbome. Maak die som. Maar ek moet byvoeg: Margot is werksaam as geoktrooieerde rekenmeester …