R35 000 prys wag vir die reus van 2026
Daar heers groot opgewondenheid oor die komende Goliat van Gat Pampoenfees, ’n geleentheid wat jaar na jaar groei en verbeter.
Daar heers groot opgewondenheid oor die komende Goliat van Gat Pampoenfees, ’n geleentheid wat jaar na jaar groei en verbeter.
Die Goliat van Gat Pampoenfees, aangebied deur die Cullinan Boere-unie geaffilieer by TLU SA, het op Saterdag, 15 Maart 2025, weer indrukwekkende bieliepampoene opgelewer. Die wenner vanjaar was Cornelis Bester met sy pampoen, Grietjie, wat ’n gewig van 445 kg gehad het.
Die Cullinan Boere-unie, in samewerking met TLU SA, nooi jou uit na die opwindende 2025 Goliat van Gat Pampoenfees! Die fees vind plaas tussen 09:00 en 15:00 op 15 Maart 2025 by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton en beloof iets vir almal – van reuse-pampoene tot smullekker pampoengeregte.