Grietjie van 445 kg kraai koning by Goliat van Gat Pampoenfees
Die Goliat van Gat Pampoenfees, aangebied deur die Cullinan Boere-unie geaffilieer by TLU SA, het op Saterdag, 15 Maart 2025, weer indrukwekkende bieliepampoene opgelewer. Die wenner vanjaar was Cornelis Bester met sy pampoen, Grietjie, wat ’n gewig van 445 kg gehad het.