Feestyd-eiertekort tref Nieu-Seeland
‘n Verbod op ingehokte batteryhoenders, wat reeds in 2012 aangekondig is, het onlangs ingetree en daar heers tans chaos in die Nieu-Seelandse industrie. Winkelrakke staan leeg en supermarkte beperk die aantal eiers wat elke klant kan koop.