Ek wil graag boer maar hoe begin ek?
Daardie vraag verskyn toenemend op boerdery-verwante groepe op Facebook: “Ek het ‘n paar hektaar bewerkbare grond in die Overberg. Waarmee kan ek winsgewend boer?” Baie mense wat voorheen naweekboere was of genoeg spasie in die stad het, wil deesdae hul eie produkte kweek of selfs wins daaruit maak.