Die Elandskloof-gemeenskap, wat hul grond in 1996 teruggekry het ná dit in 1962 deur die apartheidsregering onteien is, leef steeds in informele strukture.
‘n Nuwe projek, genaamd nonCrete, bied egter hoop vir ‘n duursaamheid-gebaseerde oplossing. In samewerking met die CSIR en ETH Zurich, het hulle innoverende boumateriaal ontwikkel wat gebruik maak van biomassie van indringerplante, soos die swartwattelbome in die area. Hierdie materiale help om die koolstofvoetspoor van bouwerk te verminder en skep terselfdertyd werksgeleenthede vir die gemeenskap.
Die projek het begin met die bou van ‘n kleuterskool as ‘n loodsprojek om die nonCrete-boumetodologie te demonstreer. Die gemeenskap is ten volle betrokke by elke fase van die projek, wat vir hulle hoop bied op verbeterde huisvesting. Hierdie boumetode kan ook gebruik word vir plaaswerkerbehuising en ander gemeenskappe wat volhoubare en waardige lewensomstandighede nastreef.
David Mayson van Phuhlisani verduidelik verder dat hulle die gemeenskap ook help met ‘n geïntegreerde ontwikkelingsplan vir die grond. Hoewel slegs vyf kleinboere tans van die grond gebruik maak, het die plaas oorspronklik sowat 30 hektaar vrugtebome gehad wat weer geplant kan word. Boonop oes die inwoners tans inheemse plante soos wilde boegoe, waarvoor daar markaanvraag is.
Hierdie projek sluit beide die heropbou van huisvesting en die ontwikkeling van landbou-infrastruktuur in, wat die potensiaal het om werksgeleenthede en voedselsekerheid vir die gemeenskap te verbeter.