All posts tagged: Wyn

Shiraz SA bekroon 2025 se beste wyne in drie kategorieë

Die wenners van die 2025 Shiraz SA-uitdaging, Suid-Afrika se toonaangewende kompetisie vir Shiraz, Shiraz-gebaseerde versnitte en rosé, is op Donderdag 7 Augustus aangekondig tydens ‘n feestelike toekenningseremonie by Blacksmith’s Estate in die Paarl. Die Challenge het weereens die rykdom, diversiteit en toenemende uitnemendheid van Suid-Afrikaanse Shiraz oor sy vele uitdrukkings gevier.

’n Etiket wat uitstaan

Die amper oorweldigende leiklipagtige mineraliteit is die eerste ding wat my opval, maar dit neem my twee slukke om te besef dat ek miskien nie gou weer so ’n Syrah gaan drink nie. Die wyn is taamlik lig en ingetoë, maar tannies en dig van elegante lae rooi- en swartbessiegeure, fynbosagtige speserygeure, swart olywe en donker blomme. Selfs die peper wat meeste van ons land se Shiraz-wyne so verniel, is gesofistikeerd en genadiglik in balans met die geur-kompleksiteit van hierdie hoogs indrukwekkende wyn.