Ons het in 2015 na Kranskloof in Natal getrek, waar my pa ‘n klein organiese boerdery begin het. Ons verskaf seisoenale groente, asook eiers, aan klante in die omgewing. Ons maak ons eie kompos met hawer en lusern wat ons ook self plant, en gebruik geen gif nie, so alles is werklik organies. Ons beoefen ook permakultuur, wat ‘n bybehorende plantmetode is.
Die groente word ongelooflik groot, proe soos dit moet en hou weke lank. Ons skryf dit toe aan baie liefde en die afwesigheid van gifstowwe. My pa doen feitlik alles alleen, met net twee vroue wat vir hom werk.
Ons diere boer ook saam, soos jy sal sien eet Storm graag pampoen en patat wat hy vir homself uit die stoor gaan haal!
Fotograaf: San-Marie Barnard | Kranskloof, Natal