In depth, Innovation
Leave a comment

Van beesmis na groen energie

Woorde: Jorisna Bonthuys Fotografie: Mia Truter

Ons kies koers na Uilenkraal naby Darling waar die broers, Willem en Paul Basson, die vierde generasie Basson familie, meer as ‘n eeu lank boer. Hul koeie word op ‘n draaitafel gemelk en hulle is pioneers in die gebruik van alternatiewe energie.

Kompos word uitgedroog om droë beddegoed vir die kudde in die melkery te verskaf.

“Presisieboerdery – jy moet presies weet wat daar aangaan,” vertel Willem. “‘n Mens kan nie meer boer soos in die ou dae nie, jy moet op die voorpunt bly. En om dit te doen moet mens deurentyd monitor om beter bestuursbesluite te neem.” Hiervoor gebruik hulle spesiale rekenaarstelsels wat onder meer aandui wanneer ‘n koei op hitte kom, nie wil eet nie en siek is.

Die daling in die melkprys vanaf April 2018, plaas die boere onder druk en die voerpryse wat styg hoofsaaklik as gevolg van die mielieprys wat styg.  

Om in boerdery te oorleef moet jy aanpasbaar wees. “Twintig jaar gelede is daar op elke plaas gemelk, wat nie meer die geval is nie. Die plase in die distrik het nou groter geword. Ons saai nou ook baie minder koring as tevore,” vertel Paul. Baie min boere in die distrik plant volgens hom ook deesdae nog aartappels, omdat die produksiekoste te hoog is.

Darling se produsente skram nie weg daarvan om nuwe dinge te probeer om mededingend te bly nie en hulle probeer verantwoordbaar aan toekomstige geslagte wees wat produksiepraktyke betref.

Op Uilenkraal, wat jaarliks ongeveer 300 mm reën kry, het hulle oor die jare hul boerdery gediversifiseer om minder afhanklik van saaiboerdery te wees. Naas die melkery het die Bassons ook saaigewasse, aartappels onder besproeiing, ‘n voerfabriek, skape en vleisbeeste.

ALTERNATIEWE ENERGIE

Die Basson broers, die vierde generasie wat op die familieplaas boer, is ook aan die voorpunt van die gebruik van alternatiewe energie.

Hulle het ‘n biogasaanleg op Uilenkraal wat beesmis gebruik om metaangas te lewer vir die opwekking van elektrisiteit. Die aanleg is ‘n ideale pasmaat vir hul melkery om kragprobleme uit die weg te ruim asook besparings mee te bring, sê Willem. ‘n Mens benodig min of meer metaangas afkomstig van vier koeie per dag om 1kW te produseer.

Hier word beesmis in groen energie omskep. 

‘n Mens benodig min of meer metaangas afkomstig van vier koeie per dag om 1kW te produseer.

Die broers het dié projek aangepak saam met dr. Andrew Taylor, Besturende Direkteur van Kaapse ingenieursmaatskappy Cape Advanced Engineering. “Op maksimum kapasiteit kan die aanleg amper heeltemal in die plaas se behoeftes voorsien,” vertel Andrew. Daar is twee kragopwekkers wat saam 400kW opwek. Net 150kW se bykomende krag van Eskom is dus nodig. Die aanleg kan voldoen aan tot 95% van die boerdery se elektrisiteitsbehoeftes. 

Kragopwekkers word hier binne gestoor. 
Een van die aaleg se kragopwekkers van nader.

Metaangas is 27 keer kragtiger as koolstofdioksied en daarom baie skadelik vir die omgewing, omdat dit die koers van klimaatsverandering aanhelp.

In melkboerdery moet mens deesdae langtermyn dink. Vir ‘n boerdery soos dié, met sowat 1600 koeie, is genetiese materiaal daarom baie belangrik.

Die kweekhuisgas is egter ook uiters waardevol as ‘n (gratis) hulpbron op plase en word daarom op groot skaal in Europa in biogasaanlegte benut. In Duitsland alleen is daar sowat 9000 soortgelyke aanlegte, vergeleke met net ‘n handvol in Suid-Afrika.

Die biogasaanleg kan voldoen aan 95% van die plaas se elektrisiteitsbehoeftes.

Die aanleg, wat metaangas as neweproduk produseer, stel hulle in staat om die boerdery as koolstof-neutraal of selfs koolstof-negatief te bedryf. Anaërobiese fermentasie word gebruik om die metaangas vry te stel wanneer die organiese materiaal (die beesmis) afbreek, verduidelik Andrew.

Uilenkraal het heelwat oormaat gas – baie meer as wat nodig is vir die plaas se elektrisiteit. “Daar is meer as twee maal soveel gas beskikbaar as wat benodig word om die plaas aan te dryf,” vertel Willem. “Dit is hoekom ons die oormaat wil gebruik. Ons volgende projek is om die kompos droog te maak vir beddegoed vir die beeste. Dit maak ekonomies sin.”

Anders as in Europa, is daar egter nog geen aansporings vir boere om plaaslik in biogasaanlegte te belê nie. Andrew verduidelik, “Tot dusver het daar dadels gekom van die regering se beloftes om oortollige krag, wat met behulp van so ‘n biogasaanleg opgewek word, in die nasionale netwerk teen ‘n premie te kan terugvoer.”

Andrew sê hulle het nou planne om van die vragmotors en trekkers op die plaas met metaangas aan te te dryf.

Uilenkraal se koeie op die draaitafel

Die Bassons gebruik ook net droë kompos vir die koeie se beddegoed. In hulle geval help dit verseker dat geen sand in die aanleg se stelsels beland nie.

In melkboerdery moet mens deesdae langtermyn dink. Vir ‘n boerdery soos dié, met sowat 1600 koeie, is genetiese materiaal daarom baie belangrik. Só vertel Dries Venter, wat Uilenkraal se melkery bestuur. Dries sê hul telingsprogram is daarop gemik om te selekteer vir onder meer bouvorm en langlewendheid in hul kudde.

Dries glo die koeie is beter af onder behuising, in somer en winter. “Dit is nou die vierde winter wat ons hulle onder behuising het en ons het baie minder probleme met mastitis.”

Dries sê hulle maak seker dat al die pasgebore kalwers gehalte biesmelk inkry om kalfvrektes te verhoed. “Ons het ‘n beter oorlewingskoers vir ons pasgebore kalwers as waarop die meeste hospitale (vir mense) kan aanspraak maak.”

Dit duur min of meer agt minute om ‘n koei te melk vandat sy op die roterende melktafel klim. Die Bassons lewer aan Darling Romery op die dorp en hierdie melk is meestal binne 24-uur op plaaslike winkelrakke.


Uilenkraal | Area: Darling, Wes-Kaap | E-pos: admin@uilenkraal.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *