Farm to Fork
Leave a comment

Boerek (Turkse spinasiepastei)

Woorde: Jacques van Zyl Fotografie: Michel Dei-Cont

‘n Goeie soort wakkerword is as mens besef dat wat jy altyd gedink het ‘n ouderdomsverwante agteruitgang van jou smaaksintuig is, niks anders is as dat kos al minder na iets proe nie. Een hap van die doodeenvoudige spinasiepastei is genoeg – die kors is krakerig vars en die bietjie feta net so lekker. Maar dit is die spinasie self wat my laat regopsit. Dit is asof ek skielik met ‘n mondvol plaas sit – mens kan in die blare proe hoe die vars omgedolwe plaasgrond buite ruik; presies soos mens sou dink spinasie móét proe – skoon en sonder ‘n enkele sandkorrel, voor dit klink of ek dalk regte grond geproe het.

BOEREK (Turkse spinasiepastei)
(Vertaal uit LEBENDIGE ERNAEHRUNG deur Annegret Bohmert.)

BESTANDDELE:

  • 1 eetlepel kookolie
  • 2 eetlepels meel
  • 1 teelepel oreganum
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 teelepel sout
  • ’n knippe rooipeper, piment en foelie (mace)
  • 500g spinasie, geblansjeer en grof gekap
  • 100g feta-kaas, in blokkies gesny
  • 1 pakkie blaardeeg
  • 1 eier, geskei
  • ½ teelepel sout (vir eiergeel)
  • ’n knippe rooipeper, piment en foelie (vir eiergeel)

METODE:

  • Braai die meel, speserye en sout in die olie.
  • Vou die spinasie in en meng goed.
  • Laat vir ’n rukkie afkoel voor die feta versigtig ingeroer word.
  • Berei die pastei voor deur die vulsel op een helfte van die blaardeeg te skep, dit met die ander helfte van die deeg te bedek en die kante met eierwit te seël.
  • Meng die eiergeel met die sout en speserye en verf bo-op die kors met ’n kwassie.
  • Bak vir 30 minute teen 220 °C.

Resep: Sandveld Organicswww.sandveldorganics.co.za 

Filed under: Farm to Fork

by

A writer with a passion for the arts – including the art of cooking. Jacques concentrates on the stories that surround the people who are involved in making food, craft beer and wine. He received an award at the 2015 Franschhoek Literary Festival and the South African Wine Writers’ Awards. Another feather in his cap is that he is the author of Craft Beer: A Guide to South African Craft Breweries and Brewers. He is a writer of superior calibre and extensive creativity.

Leave a Reply

Your email address will not be published.