Month: March 2021

Skatkis Bonsmaras

Die grondpad na Skatkis Bonsmaras hou vir kilometers langs ʼn baie duursame wildheining aan (dit voel miskien net só). Dan kom jy by seker die netjiesste plaas op aarde aan. En dit is hier waar Chris Visser en Blikkies Venter nóg ʼn gedugte span is. Twee fiks en gesonde manne, duidelik sonder opkikkermiddels.
Chris: “Dit is net vir my lekker om na ʼn netjiese plek toe te gaan. Hierdie is my happy place.”

Een bedelaar aan ‘n ander

Die Rastaman met ‘n houtkontrepsie in die hand, ‘n weerkaatsende sonbril en ‘n glimlag (asof sy mond vol sterre is) staan langs die pad by die afdraai na Noordeinde. Asof hy vir my wag. En waar my fokus oomblikke tevore teleurgesteld op die plastiek-rommel langs die pad was, is dit nou op hom.