News, Sustainability
comments 8

Fracking is ‘n chemiese en water ramp-risiko, sê Agri SA

Agri SA het kommentaar gelewer op nuwe konsep-regulasies wat hidrobreking (fracking) reguleer. Gegewe die risiko’s wat dit inhou vir die land se skaars waterhulpbronne, versoek die organisasie dat die regering die regulasies onttrek en alle planne verwerp om hidrobreking in Suid-Afrika toe te laat.

Hidrobreking sal ’n vernietigende uitwerking hê op die land se vermoë om voedsel te produseer. Daar is ’n oorvloed van wetenskaplike navorsing wat daarop dui dat hidrobreking ’n uiters ernstige risiko vir die omgewing inhou, veral waterhulpbronne. Dit word vererger deur ons beperkte kennis rakende die langtermyngevolge daarvan.

Hidrobreking vereis die gebruik van groot hoeveelhede water tydens eksplorasie sowel as produksie. Gegewe die chemikalieë wat in die proses aangewend word, word die water wat tydens eksplorasie en produksie van petroleum gebruik word ook besmet tydens die proses. Dit skep sodoende ’n aansienlike besoedelingsrisiko vir diepliggende en vlak ondergrondse waterbronne, asook oppervlakwaterbronne en die omliggende omgewing.

Suid-Afrika is reeds ’n uiters waterskaars land. Ons staar ’n 17%-watertekort in die gesig teen die jaar 2030, met ’n geraamde belegging van R33 miljard per jaar wat oor die volgende 10 jaar benodig word om die dreigende tekort aan te spreek.

Die Suid-Afrikaanse landbousektor kan tans teoreties voldoende voedsel aan die land en sy buurlande voorsien. Die aanduidings is egter dat voedselproduksie in die kort- en mediumtermyn dramaties sal moet verhoog as gevolg van bevolkingsgroei.

Omgewingsbeheer in Suid-Afrika, wat geïntegreerde waterhulpbronbestuur insluit, is uiters kommerwekkend. Die regering se prestasierekord van omgewingsbestuur van Suid-Afrika se water- en ander natuurlike hulpbronne oor al drie sfere heen dien as duidelike bewys daarvan dat die regering tot dusver versuim het om sy grondwetlike pligte in dié verband na te kom.

Die verslag wat die Departement van Water en Sanitasie onlangs gepubliseer het, naamlik National State of Water Report, asook die regulasies, onderstreep hierdie punt soos volg: “Government’s regulation and management of waste disposal facilities has been shown to be wholly inadequate. This is in part due to the structural/institutional shared executive and legislative competence of provincial and local authorities in this regard”.

Die realiteit is dus dat Suid-Afrika nie ’n uiters dorstige en besoedelende gasbedryf hier te lande kan akkommodeer sonder dat dit die landbousektor se vermoë ondermyn om voldoende voedsel aan sy groeiende bevolking en buurlande te voorsien.

8 Comments

  1. webslot says:

    239877 205023Some genuinely good and valuable info on this site , besides I believe the style contains great capabilities. 406857

  2. 285287 460408Some times its a pain within the ass to read what men and women wrote but this web site is real user genial ! . 435964

  3. 919411 782780I observe there is really a lot of spam on this weblog. Do you want help cleaning them up? I may well assist in between courses! 2173

  4. 274755 754902Possible need all types of led tourdates with some other fancy car applications. Numerous also supply historic packs and other requires to order take into your lending center, and for a holiday in upstate New York. ??? 308608

  5. essentials says:

    422963 429695You produced some decent points there. I looked on the net to the issue and identified a lot of people go together with together together with your web website. 878622

  6. 353899 983120Im so happy to read this. This is the type of manual that needs to be given and not the accidental misinformation thats at the other blogs. Appreciate your sharing this greatest doc. 48792

  7. 197711 106532I really delighted to locate this internet internet site on bing, just what I was searching for : D too saved to fav. 835309

  8. 292129 379170I adore your wp internet template, wherever would you obtain it by means of? 173479

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *