farmers, News
Leave a comment

Woolworths Mature Gouda uit 1 029 produkte as Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar aangewys

’n Tien maande oue beleë gouda, wat Lactalis Suid-Afrika spesiaal vir Woolworths maak, is op Donderdag 25 April 2024 as Suiwelproduk van die Jaar aangewys op die Suid-Afrikaanse Suiweltoekenningsgeleentheid by Eensgezind buite Durbanville. Die wenkaas, Woolworths 10 Months Mature Gouda, het sowat 1 000 inskrywings uitgestof.

’n Tien maande oue beleë gouda, wat Lactalis Suid-Afrika spesiaal vir Woolworths maak, is op Donderdag 25 April 2024 by Eensgezind buite Durbanville by die gesogte Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings as Suiwelproduk van die Jaar gekroon. Agter: Chris Fourie, President van Agri-Expo, en Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo. Voor: Linda Segalla van IMCD (Platinumvennoot), Arnold Nieuwoudt van Lactalis South Africa, en Tsitsi Nyamugama van Dsm-firmenich (Platimumvennoot).

‘n Rekordaantal van 1 029 suiwelprodukte van 78 produsente, insluitend 12 eerstekeer-deelnemers, het vanjaar om die aandag van 82 beoordelaars van 52 maatskappye meegeding. ‘n Totaal van 110 produkte is as SA Kampioene aangewys, wat as wenners in elke kampioenskapsklas uitgestaan het. Dertig produkte is bekroon met die gesogte Qualité-merk, die enigste merk van uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf (sien die volledige lys van crème de la crème hieronder).
 
Graham Sutherland, hoofbeoordelaar en suiwelkenner, sê dit is elke suiwelprodusent se droom om ‘n produk te hê wat as Produk van die Jaar in ’n kompetisie soos hierdie aangewys word. “Die Woolworths 10 Months Mature Gouda het mettertyd ‘n nalatenskap vir uitsonderlike gehalte gevestig. Wat dit so uniek maak, is die kombinasie van smaak en tekstuur, wat ‘n geurige en bevredigende proe-ervaring lewer. Die produsent het al die nodige maatreëls ingestel om die gehalte van hierdie kaas tot die hoogste standaard te waarborg, en die bevoegdheid van die kaasmaker is besonders. Met hierdie produk het hulle ’n uiters kragtige wenformule gevind.”
 

Die 2024 Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar is die Woolworths 10 Months Mature Gouda gemaak deur Lactalis South Africa.

Herman Janse van Rensburg, hoofbestuurder van Lactalis Suid-Afrika, sê sy span is verheug oor die toekenning van die 2024 Produk van die Jaar-eerbewys. “Ons is opgewonde dat ons span hierdie top-suiweltoekenning vir ‘n ongelooflike sesde keer in die afgelope agt jaar gewen het. Dit is ‘n besondere prestasie. Dankie aan al ons toegewyde spanne wat ongelooflik hard werk en altyd daarna streef om die hoë gehalte standaarde te handhaaf wat ons verbruikers van ons as ‘n maatskappy verwag. Dankie ook aan Agri-Expo vir die geleentheid om Suid-Afrika se suiwelkundigheid ten toon te stel.”
 
Die SA Suiwelkampioenskappe, die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika, is vanjaar vir die 191ste keer aangebied. Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, wat die kompetisie sedert 1834 organiseer, sê die kampioenskappe gee erkenning aan die diversiteit en groot verskeidenheid produkte wat die bedryf produseer en dit beklemtoon ook die beduidende bydrae wat die suiwelsektor tot die Suid-Afrikaanse ekonomie lewer.

Die eerste Hollard Game Changer-toekenning: Agri-Expo vereer jongeling

Agri-Expo het die 34-jarige Clement October, hoofkaasmaker van Klein River Cheese, met die eerste Hollard Game Changer-toekenning vereer, wat ‘n kontantprys van R50 000 insluit. October is al vir 15 jaar deel van die bekroonde Klein River Cheese-span, waarvan die laaste drie jaar as hoofkaasmaker.

Agri-Expo het die 34-jarige Clement October vereer met die eerste Hollard Game Changer-toekenning wat ‘n kontantprys van R50 000 insluit. Van links Andries Wiese, Nasionale Besigheidsontwikkelingsbestuurder van Hollard, Clement October, hoofkaasmaker van Klein River Cheese en Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo.

Volgens Milford het die SA Suiwelkampioenskappe hierdie nuwe toekenning ingestel om jong individue te vereer wat reeds noemenswaardige vordering in die suiwelbedryf gemaak het. “Dit moet dien as erkenning vir hul prestasies en as aanmoediging om hul strewe na uitnemendheid voort te sit.”

Ondersteun uitnemendheid en bevorder innovasie en gehalte

Milford sê vanjaar se rekordaantal inskrywings en uitstekende resultate getuig van ‘n innoverende suiwelbedryf en gesonde mededinging tussen groter vervaardigers en kleiner entrepreneurs. “Baie geluk aan Fairview wat ses Qualité-toekennings gewen het; Fair Cape Dairies wat vyf gewen het; Belnori Boutique Cheesery wat vier gewen het; Lactalis Suid-Afrika wat drie gewen het; Fairfield, Lancewood en Polar Ice Cream Company wat elk twee gewen het; sowel as al die ander wenners.”
 
Agri-Expo bedank alle vennote vir hul ondersteuning van die SA Suiwelkampioenskappe. “Ons waardeer ons nuwe driejaar-platinumvennootskap met IMCD en Dsm-firmenich, asook ons diamantvennote Chr.Hansen en Synercore, goue vennote Checkers, Hollard, Orchem, IFF, Woolworths en die Wes-Kaapse departement van landbou, silwervennote Condio en Pick n Pay, sowel as brons vennoot Mane.”
 
Linda Segalla van IMCD Suid-Afrika sê hulle ondersteun uitnemendheid in die suiwelbedryf en bevorder innovasie en gehalte. “Ons vennootskap met die SA Suiwelkampioenskappe vir die volgende drie jaar weerspieël IMCD se langtermyntoewyding om groei en erkenning binne die suiwelgemeenskap te bevorder,” sê Segalla. “Met ons kundigheid en toewyding tot die bedryf, is IMCD die ideale vennoot om die mark tot nuwe hoogtes te neem.”
 
Vir meer inligting, besoek https://cheesesa.co.za/, skakel 021 863 1599 / 083 440 1628, of stuur ‘n e-pos na dairy@agriexpo.co.za.

Die 2024 Qualité-wenners – die enigste merk van uitnemendheid in die suiwelbedryf

Die Qualité-merk, die suiwelbedryf se enigste merk van uitnemendheid, word slegs toegeken aan uitgesoekte produkte van uitsonderlike gehalte wat ‘n spesifieke minimumtelling op die internasionale telkaart behaal het. Die produk wat die hoogste telling behaal, word as Produk van die Jaar gekroon.
 
FAIRVIEW CHEESE COMPANY (6)
Woolworths Cambozola
Woolworths Medium Fat Cream Cheese – Plain
Woolworths Raspberry Roulade with Pink Peppercorns
Woolworths Cream Cheese Tomato & Herb
Woolworths Brie de Roche
Woolworths Roydon
 
FAIR CAPE DAIRIES (5)
Woolworths Fresh Custard with Vanilla Bean Seeds (Eervolle Vermelding: Tweede plek Algeheel)
Woolworths Ayrshire Double Cream Lemon Curd Yoghurt
Woolworths Chocolate Mousse
Low Fat Granadilla Flavoured Yoghurt
Full Cream Peaches & Cream Flavoured Yoghurt
 
BELNORI BOUTIQUE CHEESERY (4)
Mulderswood
Windsor – Madagascan Green Peppercorns
St Francis of Ashishi
Nederwood
 
LACTALIS SOUTH AFRICA (3)
Woolworths Mature Gouda – 10 months (2024 SA Suiwelproduk van die Jaar)
Président Mature Gouda – 6 months
Woolworths Mature Gouda – 24 months
 
FAIRFIELD DAIRY (2)
First Choice Double Cream Plain Yoghurt
Woolworths Organic Low Fat Chunky Cottage Cheese Plain
 
LANCEWOOD (2)
Medium Fat Cream Cheese – Plain
Low Fat Drinking Yoghurt – Toffee Fudge Flavoured
 
POLAR ICE CREAM (2)
Polar Premier Swiss Chocolate – Chocolate Ice Cream
Polar Signature Salted Caramel Ice Cream with Salted Caramel Sauce
 
BEL SOUTH AFRICA (1) The Laughing Cow Full Fat Cheese Spread – Plain (Wedges)

CRICKLEY DAIRY (1) Medium Fat Yoghurt – Cape Fruit

DE PEKELAAR (1) Matured Gouda (Eervolle Vermelding: Derde Plek Algeheel)

KLEIN RIVER CHEESE (1) Gruberg Vintage

MARCEL’S GOURMET FROZEN YOGHURT (1) Woolworths Mint Flavoured Dairy Ice Cream with Dark Chocolate Chips

MORNING MILK (1) Round Gouda

Leave a Reply

Your email address will not be published.