Lees aanlyn of kry jou kopie by 130 landbouwinkels!
Kry jou gunsteling landbou- en leefstyltydskrif nou by een van 130 landbouwinkels en koöperasies landwyd, of lees die digitale uitgawe hier.
Kry jou gunsteling landbou- en leefstyltydskrif nou by een van 130 landbouwinkels en koöperasies landwyd, of lees die digitale uitgawe hier.
Vir Vincent Pike is ’n goeie veiling nie net ’n vinnige tong en ’n sterk stem nie. In die lewendehawebedryf verg dit markkennis, diere-oordeel en die vermoë om binne sekondes die regte besluit te neem. Wanneer ’n lewendehaweveiling aan die gang is, lyk dit vir die oningewyde dalk soos ’n vinnige spel van nommers, handgebare en ritme. Maar vir Vincent Pike, vanjaar se SA Nasionale Veilingskampioen, is daar baie meer op die spel as net die volgende bod. As lewendehaweveilingsmeester by Vleissentraal Bethlehem werk hy daagliks in ’n omgewing waar pryse, dieregehalte, markvraag en menseverhoudings almal tegelyk gelees moet word. Dit is juis dié kombinasie van tegniese kennis en mense-instink wat hom vanjaar weer die hoogste eer in die South African Institute of Auctioneers (SAIA) se SA Nasionale Veilingskampioenskap besorg het. Die ring vra kennis en ritme Pike, wat reeds in 2024 as SAIA se Veilingsmeester van die Jaar aangewys is, het vanjaar weer teen topveilingsmeesters van regoor die land meegeding. Die kampioenskap is onlangs by die Wanderers Club in Johannesburg aangebied, waar deelnemers verskeie …
ClemenGold® en Sinclair bring ’n gesertifiseerde komposteerbare vrugte-etiket na die varsprodukteketting.
Agri Wes-Kaap kondig met trots die kandidate aan vir die 2026 Agri Wes-Kaap | Santam Jongboer van die Jaar kompetisie – ʼn groep uitstaande jong produsente wat die toekoms van landbou in die Wes-Kaap verteenwoordig.
In ’n landbou-omgewing waar water al hoe fyner bestuur moet word, is besproeiing lankal nie meer net ’n tegniese bysaak nie. Dit is deel van die kern van volhoubare produksie. Dit bepaal hoe doeltreffend water gebruik word, hoe akkuraat voeding toegedien word en hoe vinnig produsente op veranderende omstandighede kan reageer.
‘n Handgemaakte burrata van Puglia Cheese in Somerset-Wes is as die 2026 Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar aangewys tydens die SA Suiweltoekennings wat Donderdag 23 April by Nederburg in die Paarl plaasgevind het.
Die regering se aankondiging van ’n tydelike verlaging van die algemene brandstofheffing bring welkome verligting vir Suid-Afrikaanse produsente en verbruikers, maar volgens AgriSA en Agbiz is dit slegs ’n eerste stap. Die twee bedryfsorganisasies sê veel meer sal gedoen moet word om die landbouwaardeketting teen verdere druk te beskerm.
By Rondawel Gasteplaas naby Richmond word ’n verhaal van deursettingsvermoë, houtwerk en heropbou vertel, waar swaarkry uiteindelik omskep is in iets besonders.
Bek en klouseer bly ’n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika se veebedryf, en volgens SAPPO het verskeie varkeenhede die afgelope maande swaar getref. Hoewel die siekte reeds wydverspreid onder beeste voorkom, is dit nou ook in verskeie varkkuddes bevestig, selfs by produsente met goeie biosekuriteit. Dit dui daarop dat indirekte of omgewingsbesmetting moontlik ’n rol speel, eerder as duidelike biosekuriteitsfoute.
Vroeg in Februarie 2026 het die jaarlikse Wynoesherdenkingsgeleentheid op Groot Constantia weer die kollig laat val op mense wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf vorentoe neem. Dit is ook die geleentheid waar die nuwe oes geseën word en die geboorte van ons wynbedryf herdenk word met die ikoniese dagboekinskrywing van 2 Februarie 1659: “Vandag, eer aan God, is wyn vir die eerste keer uit Kaapse druiwe gemaak.”