Inskrywings open vir die 2025 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe
Suiwelvervaardigers regoor Suid-Afrika word uitgenooi om in te skryf vir die 2025 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die land se grootste en oudste suiwelkompetisie. Hierdie gesogte byeenkoms, wat vanjaar vir die 192ste keer plaasvind, word sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied. Die kampioenskappe lok elke jaar sowat 1 000 inskrywings van groot, medium en klein vervaardigers wat om top-eerbewyse meeding, insluitend die SA Kampioen-titel, die Qualité-merk van Uitnemendheid, en die gesogte Produk van die Jaar-toekenning. Die kompetisie bestaan uit meer as 100 klasse, wat ‘n wye reeks suiwelprodukte insluit, van kaas, jogurt en melk tot room, botter, roomys en meer. Elke klaswenner word as SA Kampioen bekroon, terwyl die Qualité-merk, wat as die bedryf se hoogste toekenning beskou word, slegs toegeken word aan produkte van uitsonderlike gehalte wat aan streng kriteria voldoen. Die produk wat die hoogste algehele punt behaal, word as Produk van die Jaar aangewys. Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, dien die kampioenskappe as ‘n maatstaf vir uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf. “Hierdie kompetisie stel vervaardigers in staat om hulself te meet teen die beste in …