Saai sê nee vir die Departement van Landbou se nuwe ‘fake vleis’-reëls
Die Departement van Landbou het onlangs nuwe regulasies bekend gemaak wat toelaat dat plantgebaseerde en laboratorium-vervaardigde proteïen onder vleisverwante name verkoop mag word, en hulle verwag dat boere dit met oop arms sal aanvaar. Maar Saai, wat die belange van boere verteenwoordig, sê dit is onaanvaarbaar.










