Farm to Fork, farmers
Leave a comment

Kalahari Gastehuis & Padstal maak boerewors

Fotografie: Michel dei-Cont

Ons kuier by Paul en Riana Loots, eienaars van die Kalahari Gastehuis & Padstal. Vir aandete maak Paul wors vir die braai. Hy’t ‘n vleisverwerkingskamer met ‘n klein instap-koelkas. Die heerlike geur van koljander hang dik om stawe biltong wat in die donkerte droog.

Soos ons aansit vir ete daal die nag se kombers saggies en begin die besies raas. Dis ‘n lieflike aand op die stoep. Riana bedien ‘n biltongsop-voorgereg, elke bord versier met ‘n repie oreganum uit haar kruietuin. Daarna volg skaaptjops, skaapstertjies en springbok-beeshaas. “In die Kalahari is ons vleis-vreters,” sê sy.

Paul haal die wors van die kole af en bied vir ons aan, van die rooster af, “want koue wors is nie lekker nie”. Ons sit en kuier tot laat in die aand. Anderkant die palmbome is ‘n sterrehemel soos min stedelinge dit al ooit ervaar het. Dis egter die voorreg van menige besoekers aan Uitsig.

MA SE BOEREWORS

  • 30kg vleis en ±5kg vet
  • 650ml asyn
  • 80g Maizena
  • 120g suiker
  • 3 gelyk eetlepels peper & 475g sout
  • 3 gelyk teelepels naeltjies
  • 260g fyn koljander
  • 25g neut
  • ’n Knypie hawermout om die wors sag te maak

Voeg die bestanddele bymekaar en meng deeglik. Voer mengsel dan deur ’n worsstopper. Gebruik verkieslik ’n natuurlike derm.


Besigheid: Uitsigplaas |The Kalahari Guesthouse and Farmstall.| Eienaars: Riana en Paul Loots | Area: Rooiduin Toerisme Roete, Noord-Kaap, Suid-Afrika | www.kalahariguesthouse.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.